Een soen

Net een soen was genoeg
op die straal van die maanlig,
al was dit ‘n somer middag,
het jy my na ‘n opwindende nuwe heelal ontvoer.
My liggaam sidder steeds onder jou aanraking.
Jy, my liefling, is steeds die rede waarom ek opstaan
my glimlag kom steeds van diep uit my tevrede siel.
In jou voetspore voel ek klein en veilig.
Ek bid elke dag vir jou behoud
want sonder jou sal my dag geen kleur hê
sonder jou, my liefling, sal ek net stilte hoor
niemand sal my hand kan vat en die wedloop saam my kan voltooi nie. Dankie vir jou verdraagsaamheid
dankie vir jou liefde en omgee.
Mag ons nog lank vir mekaar gespaar wees.
Net een soen, my liefling, was genoeg om jou steeds by my te hou. Een soen wat twee wêrelde in mekaar gevleg het.
Dankie dat jy steeds by my staan.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply