Een oomblik

Heer, in een oomblik kan ons lewens vir altyd verander.
Help ons om elke dag volheid te lewe.
Gee ons die vermoeƫ om altyd vrolik te wees.
Heer, vul ons gedagtes met U liefde.
My gebede is vanaand vir die wat dood is.
Die wat vandag ‘n geliefde verloor het.
Heer, my gebede is ook vir die drywer.
Dit moet erg wees om te weet jy’t soveel mense se pyn veroorsaak. Heer, ek bid vir die mense wat seer gekry het.
Die skade aan hul voertuie.
Heer, ek bid dat U elkeen wat betrokke is sal bystaan.
Weereens word ons daaraan herinner dat die lewe kort is.
Wees reg vandag.
Maak vrede as jy vir iemand kwaad is.
Vergeef die wat jou seer maak.
Wees wie jy moet wees.
Heer, maak ons dankbaar vir ons lewens.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply