Dwalende siel

Dwalende siel

Op jou reis na iewers word jy ‘n dwalende siel.
Iewers langs die pad het ander mense jou te veel verniel.
Kom stop ‘n oomblik hier langs die rivier, jou moeë voete in die stroom. Maak jouself rustig teen die stam van die boom.
Lê jou kop op My skouer en laat die trane loop.
By My is daar liefde en hoop.
Op jou reis na iewers word jy ‘n dwalende siel.
Maar Ek kyk terug na jou in die spieël.
By My sal jy rus vind vir jou moeg gedinkte gedagtes.
By My is daar ‘n heerlike waterval van genade na die dwalings oor die vlaktes. Gee jouself net oor aan My roepstem op die wind.
Ek sal jou elke keer maar net weer vind.
Op jou reis na iewers word jy ‘n dwalende siel.
Maar as jou voete na My toe loop is dit nooit verniet.
Die glimlag sal ook na jou uitgedroogte oë toe vloei.
Want My Seun het reeds vir jou sondes gebloei.
Raak nou rustig My kind want Ek het jou lank reeds vergewe.
En Ek sal by jou staan wat jy ook al op die reis belewe.
Wees op reis na jou hemelse huis hier by My.
Want dis waarheen Ek jou wil begelei.
Laat My toe om jou trane af te droog.
Hou jou kop met trots hoog.
Soek My in alles wat jy doen.
Laat My toe om jou op jou voorkop te soen.

Posted in Gedigte.

2 Comments

Leave a Reply