Druppels teen my lyf

Elke druppel water brand teen my lyf af
dalk kan ek so skoon gewas word
My oë is toe maar ek wil dit oop hou
die drog beelde, so diep in my siel, ook weg was
Die stoom om my is ‘n teken van my dooie, koue siel.
Wat het van my geword?
Het daar genoeg oorgebly van die jong, sterk mens wat ek eens was? Is daar genoeg stukke dat God dit weer kan heel?
Ek wil uitroep na U, my God
Kom red my uit hierdie warm lawa hel waarin ek verval het
Is daar nog hoop vir my ?
Heer, laat my pyn, my seer, saam hierdie water in die drein wegspoel Heer, U aanraking is soos ‘n warm handdoek om my siel.
Ek voel U asem teen my vel
stadig kan ek weer lug in my longe voel
Vir nou sal ek een asemteug op ‘n slag vat
want ‘n tree is steeds te veel verwag

http://www.facebook.com/hierskryfons/photos/a.981432278553907.1073741828.965301343500334/1012771828753285/?type=1

Posted in Gedigte.

Leave a Reply