Donker nag

Wanneer die nag verdonker en stilte verskeur word, deur slagspreke en haat, dan mag dit voel asof Ek jou verlaat het. Wanneer jou huis brand en geloof verplunder word, mag jy dink jy staan alleen. In die donkerte van die nag sien jy net die skimme van die verlede, wat weereens oor jou land beweeg. Ek is steeds die God wat jou sal bystaan. Ek is steeds die God wat jou voorvaders gelei het. Die ware stryd is steeds in die Gees. Ook vandag is dit steeds belangrik vir jou om waarlik op My te vertrou. Sommige dinge wat jou nag verdonker kan ook eendag ‘n lig vir jou aansteek. Ek verstaan dat jy moedeloos voel. Maar moet My nie wegstoot uit jou lewe. Moenie toelaat dat jou siel verskroei. Haal net diep asem al voel jy die pyn in jou bors. Sluit net ‘n oomblik jou oë en sien My wakend oor jou. Raak net ‘n oomblik stil en hoor My trooswoorde.

Posted in Gedigte.

One Comment

  1. In n donker nag skuil daar baie onheil,maar ons is nooit aleen nie.Die booshede is lastig en hul probeer verwaring bring en gebruik die donker nag om vrees aan te jaag in elkeen wat vrees in hul het,so ons moet nie vrees nie,want Hy wat Almagtig en rein is stap die pad saam. Ons moet net vrees vir ons KONING,wat vlees en siel kan laat brand.Die donker nagte maak my nie bang nie,want ons word beskerm deur geloof,maar ons mag geensins met JESUS se genade speel nie,Hy lei ons in Sy geregtigheid in beide Donker nagte en in die dag.

Leave a Reply