Die woorde

Koor: Die woorde warrel en bruis deur my are. Hulle stoei en stry al vir jare.
Die woorde wat jou na my moet terug bring.
Die woorde van die lied wat jou besing.

Daar is die vrolike woorde van lag en plesier.
Dis hulle wat my die duine uitstuur.
Die woorde bokspring uitgelate. Oor die berge en vlaktes, verlate. Hoop, sonskyn, lag, liefde, geduld.
Dit alles wag vir my daar bo-op jou bult.

Koor

Dan is daar die woorde wat dit donker maak om my.
Die twyfel oor jou liefde wat my onder kry.
Die sneeu wat koud om my vou. Wat my voetval vasmaak met seer en berou. Die glasskerwe wat my so diep in my siel sny.
Die woorde wat jou weg hou van my.
Verraad, jaloesie, leuens,

Maar alles verander deur liefde en tyd.
Alles word vergewe en vergeet.
My arms staan oop en wyd.
Want die waarheid is waaraan ek allles meet.
Die woorde stry in my.
Maar vir jou wil ek graag eendag kry.
Want liefde maak alles vergete. Veral die seer van die verlede.

Koor

Posted in Gedigte.

Leave a Reply