Die strik

Jou aanraking dring tot diep in my siel. ‘N deel van my raak stil en laat my huiwer. Maar ‘n ander deel van my is opgewonde en bly. Oral waar ek gaan soek ek jou. Enige iets wat my aan jou laat dink. Ek weet ek moet terug staan. Ons weë mag nie lank langs mekaar loop nie. Ek weet ek moet ander pad kyk voor ons oë ontmoet. Ek weet ek mag nie val vir jou. Die strik word voor my voete neer gesit. Mooi versier met groot beloftes. Jou woorde bring bewondering in my hart. Jou glimlag is so oop en nooi my om saam te glimlag. Maar ek weet dis ‘n doodloop straat. Ek weet dis ‘n reënboog waarvan die punt op ‘n afgrond staan. Ek weet die lag en plesier sal maar net tot trane lei. Ek wil vasklou aan iets wat my gaan laat val. Ek wil spring na ‘n towermat wat my ondertoe gaan laat val. Die wolke waarop ek sweef is eintlik onweerswolke. Die lig wat my so verblind is eintlik blitse wat ‘n plek soek om vas te slaan. Ek wil toe gee maar ek mag nie. ‘N woord is so kosbaar en kan bou of breek. Liefde is soms so onverstaanbaar. Amanda Boucher
0837928163
www.waterstrome.co.za

Posted in Gedigte.

Leave a Reply