Die stad in die nag

Ek kyk uit oor die stad vanaand.
Elke lamppaal vertel sy eie verhaal.
Iewers, alleen, probeer hy sy man staan.
Op ‘n ander plek, moeg na ‘n lang dag se werk,
moet sy kosmaak en na die huishouding omsien.
Net soos jy….
heeltemal onbekend aan my.
En tog is daar ‘n verbintenis tussen ons.
Deur een God word ons beskerm en vertroetel.
Deur een Jesus se bloed is ons gered.
So in die stilte van die nag sien ek die duisende liggies,
en elke een stuur sy woorde na my.
Ek wonder wat hulle my wil vertel.
Dalk van die hartseer en pyn van die huis op die hoek.
Dalk van die liefdeswoorde wat jy my wou kom se.
Ek hoor die geluide van ‘n hond wat in die verte blaf.
Is dit net ‘n eensame kreet, of dalk ‘n blydskapblaf,
dalk is daar meer in te lees, ‘n oortreder dalk.
Ek kyk uit oor die liggies in die stad en ek wonder.
Van hier waar ek sit op die stoep, hoor ek jou nie roep.
Maar ons Hemelse Vader ken elke gedagte wat jy dink.
Van hier waar ek oor die straat in jou rigting kyk.
Sien ek maar net die algemene figuur van ‘n persoon.
Maar God sien die wonder mens wat Hy geskape het.
Van hier waar ek die aand wind oor my voel waai,
weet ek my God se asem blaas oor my.
Sy aanraking is sag en liefdevol.
Vanaand terwyl jy tussen jou lakens le, hou Hy wag.
Want Hy beplan vir jou nog ‘n wonderlike dag.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply