Die rede

Ek sien jou glimlag voor my oe dans.
Ek is dankbaar vir daardie eerste kans.
Ek onthou die rilling deur my are met jou aanraking.
Vandaar het my siel ‘n lewenslied begin sing.
Soveel fasette van my eie bestaan het jy oorgeneem.
Ek voel in my binneste so geseend.
So baie dinge oor die lewe en sy mense het jy my kom leer.
So baie aanslae van seerkry het jy afgeweer.
Ek sien die sterre in oe wat dans en glinster.
Vir my is jy ‘n verskietende ster.
Al lyk dit vir ander of jy in die niet verdwyn.
Vir my help jy met die lewens seer en pyn.
Jou grappies hou my gemoed lig en vol.
Jou liefde maak die lewensfees ‘n jol.
Jy vul my dae met plesier en lag.
Saam met jou is selfs die donker ‘n sonskyndag.
Ek het jou oneindig lief my liefling.
Dankie vir die soetwoorde wat ek kan sing.
Amanda Boucher

Posted in Gedigte.

Leave a Reply