Die rede vir jou bestaan

Ek het altyd gewonder wat my rede vir bestaan is. Die Here het my geleer in Sy goeie tyd dat ons vir Hom geskape is. Ons is geskape om Sy volgelinge te help wanneer hulle val. Ons is geskape om aan ‘n ander te wys hoe wonderlike God ons aanbid. ‘n Lewende God wat omgee vir Sy skepping. Soos ‘n digter vir jou kan vertel waarom hy die woorde gekies het op so manier. Soos ‘n beeldhouer se werk sy gevoel aan ander uitbeeld. Soos ‘n sanger sy liefde aan ‘n ander verklaar. Heer, ons is elkeen deel van U kunswerk. Deel van U liefdeslied. Deel van die beeld wat U aan ons voorlê. As jy op soek is na jou doel in die lewe, moenie kyk na dit wat jy wil bereik nie. As dinge vir jou voel of dit besig is om op die afdraande pad te gaan. As jy vandag voel dat jy teen ‘n muur bid. Verskuif jou uitkyk na buite. Luister wat die Here vir jou sê. Haal jou fokus van jouself af. Haal diep asem. Kyk in die spieël en sien God se kunswerk. Haal af die dinge wat jy gaan bysit het en kyk hoe God jou geskape het. Want jy is na Sy beeld geskape. Hy het vir jou Sy engel stem gegee om met ‘n ander in suiwer liefde te praat. Hy het vir jou hande gegee om Sy prent in te kleur. Hy het vir jou bene gegee om op te staan en ander op te lig. Ons is geskape om te dien. Soms val ons ook en dan het die Here reeds ‘n ander op jou pad gestuur om jou op te help. Ons aanbid ‘n Vader. ‘n Liefdevolle Vader wat ons deur genade dra. ‘n Vader wat werklik omgee. Gee jouself vir die Here, Hy het reeds alles wat jy nodig het vir jou gereed. Dis nie die Here wat jou in slegte omstandighede geplaas het nie. Dis nie die Here wat alles van jou af weg gevat het nie. Dis nie die Here wat jou perfekte prentjie kom swart in kleur het nie. Maar Hy staan gereed om jou te seën in hierdie oggend. Hy staan gereed met ‘n glimlag wat jou hart warm sal laat klop. Kyk op die horison want die dag het reeds gebreek. Die son het reeds opgekom. Loof en prys Sy heerlike Naam. Amen.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply