Die rede

Ek sien die hartseer wat jy soms weg steek. Ek lees jou verlange in jou gebede. Jou moederskap strek verder as net een of twee, jy’s uitgekies oor ‘n gemeenskap van kinders. Ek weet jy verstaan nie My werke, en My rede sal jy dalk as onvanpas beskou. Maar verhard jou nie teenoor My. Draai jou rug nie op My opdragte. Die toekoms verberg Ek vir ‘n rede van jou. Kyk, Ek droog self jou trane af. Maak vrede met die pad waarop Ek jou stuur. Wees lief vir die spesiale kinders wat Ek na jou toe stuur. Luister na My stem in jou hart. Ssshhh en hou op snik, kyk, daar is baie kinder ogies wat na jou opkyk. Hulle wag vir jou aanraking jou liefde in hul lewe. Raak nou rustig, My spesiale kind, want jou liefde is te veel vir net ‘n paar. Gaan nou heen en doen wat Ek jou gee. Wees nie bevrees want Ek is by jou.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply