Die Pasaangeër

DIE PASAANGEëR

Geskryf deur : AMANDA BOUCHER

Iewers gaan die gewone gewoel van die stad ongesteurd aan. Die ambulaans se serene loeei iewers in die straat verby. Danie gee ‘n kug. “Verdeksels !” Die kreun kom half gesmoord van hom. “ Die derde keer. Nog steeds leef ek.” Jane se sagte stem help nie veel nie “Hi…” sê sy haar eie koel self. Geskok roep Danie uit “Verdomp. Wat soek jy hier ?” Jane gaan ongesteurd voort “Hoe voel jy nou ?” Ongeërgd snou hy haar toe “Wat gee jy om ?” Jane se stem is nog sag toe sy antwoord “Meer as wat jy kan besef.” Sy stem is skor wanneer hy vra “Vir wat ?” Jane skud die kussings reg agter sy rug. Sy het haarself male sonder tal al self die vraag afgevra. Maar haar koel oë laat niks blyk wanneer sy met ‘n teenvraag antwoord, asof sy nie sy vraag gehoor het nie “Is dit beter so?” Danie skud ongeërgd sy skouers wanneer hy antwoord “Los my tog net uit. Kan ‘n mens nou nie eens in vrede vrek nie ?” Jane gee ‘n snork van minagting “In vrede vra jy my ? Wat beteken vrede vir jou ?” danie se stem is naby histerie wanneer hy agter haar aan herhaal “Vrede….” Dan sê hy dit sagter, meer vir homself. Jane kom sit langs hom op sy beskeie bed. Haar stem is nou liefdevol wanneer sy vra: “Kan ek jou my weergawe daarvan gee ?” Danie skuif geiëriteerd rond op sy bed wanneer hy antwoord “Net soos die vorige kere gaan jy my tog nie uitlos nie. Sê maar jou sê.” Hoewel sy baie ernstig is kan sy nie die glimlag van haar lippe af hou nie. “Vrede is om vrede met God te hê.” Die sarksme in Danie se antwoord sny soos ‘n mes deur Jane. “Vrede met God. Ek het vrede met God. Ek het vrede met wat Hy doen of nie doen nie.” Nog ‘n ambulaans snel in die straat verby. “Dis noagal jammer weet jy ?” Danie is steeds spottend wanneer hy antwoord “En ek dag jy wil hê ek moet vrede hê ?”
Jane is nou meer ernstig wanneer sy hom vol in die oë kyk “Dis jammer dat mense nie die erns van die lewe besef nie.” Danie kyk haar sarkasties aan “Dan glo jy seker nog in Kersvader nê ?” Seker van haar saak kyk sy hom nog steeds vierkantig in die oë “Ek glo in die Hemelse Vader” Danie kan skaars die ergerlikheid uit sy stem hou “Gaan jy nooit end kry daarmee nie ?” Jane dink ‘n oomblik na “Jy weet laas keer het ek gedink ek gaan.”
“En wat het jou van plan laat verander ?”
“Ek weet self nie.”
Die stilte word verbreek deur ‘n Grandfathersklok wat stadig sy twaalf slae slaan. Nie een van hulle het besef hoe laat dit al is nie. “Hi Senderela jy beter huistoe gaan. Jou koets gaan verander.” Sy spotlag volg haar tot diep in in nanag.

Danie kan nie besluit of dit hy is wat nou sit en snik en of dit maar net die terugflitse van jare gelede is wat maar net so duidelik tot hom spreuk nie. Hy onthou nog, die male sonder tal, se alewige gesanik van sy pa. Hy onthou nog so goed hoe hy as jong seun stortend sou sê : “Moenie asseblief, moenie !”
Dan sou dy pa se harde stem helder opklik : “Moenie wie nie ?” “Vader”
“Harder ek hoor jou nie” Sou sy pa dan dreigend sê.
“Vader”
“Vader wat ?”
“Moet my asseblief nie slaan nie Vader.”
“Ek sal jou moet straf.”
“Los my ! Los my !” die paniek is hoorbaar in die bang stem. Jane se stem is paaiend wanneer sy hom troos, onbewus waardeur die man hier in haar arms gaan “ Sjjj. Toe maar. SSSjjj.”
Die klok slaan weer stadig sy twaalf slae, asof dit op sy manier ‘n einde van nog ‘n episode wil aankondig.

Terwyl Danie ‘n onverskillige snuif gee, asof hy daarmee ‘n einde wil maak aan alles wat hom pla vra hy “Waar is my zol ?”
“Ek het dit weggegooi.”
“Vir wat ?”
“Jy het dit nie meer nodig nie.”
“Wat weet jy ?”
“Dat ek jou gaan help.”
“Vir wat vroumens ?”
“Liefde “
“Liefde ?!”
“Dit wat Jesus vir jou voel. Liefde.”
“Ek sal jou vertel wat ek van liefde verstaan.”
“Jesus se liefde is onselfsugtig.”
“My ma s’n was ook. Maar dit het haar nie gehelp nie.”
“Jesus het gesterf vir jou.”
“My vader ook.”
“Hy wil jou help.”
“Hy wou nie.”
“Luister jy wat ek sê ?”
Danie praat meer met homself wanneer hy sê: “Hel as ek net iets kon doen” Jane beskou dit as ‘n goeie geleentheid : “Vertel my daarvan” “Ek kan dit nog steeds nie verstaan nie.”
“Wat kan jy nie verstaan nie ?”
Skielik hoor hy weer sy pa se stem: “Dis eenvoudig.”
“Ek verstaan nie waarom jy haar geslaan het nie. Sy wou …” “Sy het dit verdien.”
“Waarom ?”
“Sy was nie lief vir my nie.”
“Damit. Dis juis uit liefde vir pa dat sy gebid het.”
“Wat ?! Uit liefde ? Dat ek moet vrek !?”
“Dit was ….”
“Sy was moeg vir my. Sy wou my dood hê.”
“Dis nie waar nie. Sy… Pa was baie siek. Dit sou die beste wees.” Hy onthou nog so goed. Hy het opgekyk na die Grandfathersclock. Stadig het dit twaalf ure sorgvuldig afgetel…
kong….kong….kong….kong….kong….kong…..kong….kong….kong….kong….kong….kong…. Die stilte daarna was vir ewig.

Iewers in die nag sterf nog ‘n onbekende persoon aan die knal van ‘n skoot. Nog ‘n kind word aan die hand van ‘n bekende gemolesteur. Nog ‘n voertuig kry ‘n nuwe eienaar sonder die wettige eienaar se toestemming. Nog…nog…nog…
Maar hier is dit anders. Danie se opgewonde stem klink helder op : “Ek is bly jy is hier.” Verbaas sê Jane : “Ek is bly om dit te hoor.” “En jy ?”
“Ek is altyd bly om hier te wees.”
“Waarom ?”
“Waarom ? Ek weet nie.”
“Waarom is jy hier ? Waarom het jy nie al moed opgegee nie.” “‘n Mens trap nie op iemand wat lê nie.”
“Jy’s die enigste een wat nog ooit omgegee het.”
“Dit kan tog nie waar wees nie.”
“Okay. Behalwe my ma natuurlik.”
“Vertel my van haar.”
“Sy het oorgeloop van blydskap.”
“Dit moes wonderlik wees.”
“Dit was lank terug.”
“Wat het dan verander.”
“Alles…tog ook niks.”
“Wil jy daaroor praat ?”
“Nie vandag nie.”
“Dis goed so.”
“Jy’s…nes sy….”
“Ek het gedink Pizza sal lekker wees.”
“Pizza…. Ek het dit lanklaas geëet”
“Dis waarvan ek leef.”
“Werk jy nie ?”
“O ja, ek werk vir my Vader. “
“Watse werk ?”
“Die heerlikste werk ooit.”
“En die betaling.”
“Bevredegend.”
“Sê my Jane … eerlik. Waarom is jy hier ?”
“Eerlik ?”
“Ja… Het my ma jou gestuur.”
“Nee…maar my Vader het.
“Wie is jou vader ? Ken ek hom ?”
“As jy soos jou ma is sal jy Hom ken.”
“Jy praat baie dubbelsinnig. Dit frustreër my.”
“Jammer Dis nie wat ek bedoel nie.”
“Nee dis ek wat moet jammer sê.”
“‘n Mens sê nie jammer as jy eerlik is nie.”
“Jy het my nog nie van jou vader vertel nie.”
“Ek sal jou graag van Hom vertel.”
“My pa se naam was Frik.
“Jy praat in verledetyd.”
“Ja hy’s al dood.”
“Jy weet, jy het nog ‘n Vader..”
“Snaaks.. Dit was my ma se woorde ook…daardie dag.”
“En Hy is my Vader ook..”
“Dan praat jy van die Here..”
“Dis waar. Het jy Hom toe aangeneem as jou Vader…. daardie dag ?” “Eerlik ?”
“Ek sal dit waardeer.”
“Ek … weet nie….hoe nie..”
“Mag ek jou leer ?”
“Ek verstaan nie ?”
“‘n Mens verstaan selde die werke van die Heer.”
“Selfs jy ?”
“Elke dag amper.”
“Is jy ‘n mens of ‘n Engel ?’
“Ek ? Ek is ‘n Pasaangeër.”
“‘n Pasaangeër ?’
“ jy weet …iemand wat op die agtergrond bly en help om mylpale te bereik..” “En wat is my mylpaal ?”
“Dis nie vir my om te weet nie. Maar my blydskap sal groot wees daardie dag.” “Hoe gee mens jou lewe vir die Heer ?”
“Daar is nie ‘n vaste patroon of ‘n wenresep nie. Elke mens verskil.” “Sal jy my help ?”
“So ver moontlik ja, maar onthou die besluit bly by jou.”
“Saam met jou sal dit maklik wees.”
“En sonder my… sal jy kan aangaan ?”
“Ek weet nie … wil jy my dan nie klaar help nie ? Wil jy dan weggaan ?” Jane arsel ‘n oomblik voor sy antwoord “Ek sê net. Mense is verganklik en ons liggame gaan dood.”
“As jy so praat maak jy my bang.”
“Vertroue”
“Vertroue ? Waarop moet ek vertrou as ek nie eens op jou kan vertrou nie ?” “Moet op mense nie vertrou nie. Ek is ‘n mens. Vertrou op God.” “Hoe ?”
“Het jy geglo aan Kersvader en die tandemuis ?”
“Wattter kind het nie ?”
“Die sleutelwoord.. Kind.”
“Ek is nie meer ‘n kind nie.”
“Dit weet ek maar soos ‘n kind in sy pa glo so moet jy in die Here glo.” “Dis maklik as jy klein is. ‘n Mens weet dan niks van die wêreld se dinge nie.” “Dit weet die Here. Daarom dat Hy Sy Heilige Gees vir ons gegee het.” “Jy praat oor dinge waarvan ek niks verstaan nie.”
“Het jy van Kersvader en die tandemuis iets verstaan ?”
“Dit was nie nodig nie. Ek was ‘n kind. Onskuldig.”
“Ja, onskuldig soos ‘n kind. Dis hoe ons ook is.”

Stadig tel die Grandfathersclock sy twaalf slae aan. Danie se gedagtes word weer terug gevoer na daardie finale dag. Die dag wat hy, die man wat hy leer haat het, vir altyd weg gebêre is. En tog…dit hom, wat Danie, nie beter of veiliger laat voel nie. In teen deel….die sagte trompet musiek van Amazing Grace het op die agtergrond gespeel terwyl hy en sy ma gesels het. Sy was toe darm nog daar. Sy het hom, wat Danie is vergewe, maar self kon hy dit nie reg kry nie. Self kon hy homself nie vergewe nie.
Danie se stem was skaars hoorbaar toe hy vir sy ma sê: “Daar was so baie dinge wat ek pa wou sê”
En Lettie het haar arm beskermend om hom gesit. “Bid dit vir die Here my kind. Hy sal jou help heel word.”
“Maar ma ek soek antwoorde by hom.”
“Ek weet my kind. Maar die Here bring vertroosting.”
“Hoe kry ma dit reg ?”
“Die Here het my nog altyd gedra waarom sal Hy my nou laat val ?” “Ek wens ek kon soos ma wees.”
“Dantjie my kind wees dan so.”
“Hoe ma ? Hoe doen mens dit.”
“Die Here alleen kan mens die krag daartoe gee.”
“Ek dink nie ek sal dit kan reg kry nie.”
“As jy dit alleen probeer sal jy vaal maar as jy Jesus aanneem my kind sal jy dit regkry. Want die Here sal jou nooit verlaat.”
“Nie eens as ek afdwaal nie ?”
“Dan my kind stuur Hy vir jou hulp.”
“Hoe sal ek weet ma ?”
“Kom bly by my.. Dan sal ek jou leer.”
“Ek sal daaroor dink.”

Jane skud die kussings reg agter Danie se rug. Sy tel die glas op en bied vir hom water aan. Die aanraking van sy vingers stuur ‘n aangename rilling deur haar. Dis Danie wat eerste die stilte breek wanneer hy dankbaar s Die aanraking van sy vingers stuur ‘n aangename rilling deur haar. Dis Danie wat eerste die stilte breek wanneer hy dankbaar sê: “Jy’s te geduldig met my.. Waar leer jy dit ?” Haar oë ontwyk hom syne wanneer sy afgetrokke antwoord : “Dis maar ‘n natuurlik instink.”
“Gaan jy nie weer een of ander teksvers optower of so iets nie ?” “Ek kon seker.”
“En waarom het jy nie ?”
“Jy weet ek bly ‘n mens.”
“Natuurlik ‘n mooi een daarby.”
“Ag kom nou, moenie laf wees nie.”
Danie se stem is baie sag, amper ‘n fluister wanneer hy sê: “Maar ek is nie..” Die oomblik is amper te veel vir Jane wanneer sy hom net so sag antwoord: “Jy laat my nou bloos.”
“Ek is seker nie die eerste man wat dit vir jou sê nie.”
“Dis so, maar dis ander..”
“Hoekom ?”
“Ek weet nie, miskien omdat jy dit vir my sê.”
“Jou hande …”
“Wat daarvan… Ag kyk, nou het ek die medesyne laat val.”
“Ek het dit in elk geval nie meer nodig nie.”
“Hoe weet jy ?”
“Omdat ek dit net drink en verduur om jou te sien.”
“Spot jy met my ?”
“Glad nie. Trou met my “
Die ambulaans wat verby ry doof haar antwoord uit…sy draai vinnig om en stap uit.
Danie, wat nog steeds op ‘n antwoord wag roep agterna “Waar gaan jy nou heen ?” Haar stem kom van ide gang af “Ek gaan ‘n lap kry om hier skoon te maak.” “Los dit. Gee my jou antwoord …. Verdeksels”
Maar al antwoord wat hy kry is die kraan wat in die badkamer oop gedraai word.

Danie onthou weer wat ‘n paar maande na die befragnis gebeur het. Danie sit in die niet en inkyk : “Waarom gebeur dit ?”
Lettie kyk bekommerd na haar seun : “Wat ? Waarom gebeur wat ?” “Waarom kom pla hy my ?”
“Wie Daantjie ?”
“Pa, waarom kom spook hy by my.”
“Dis natuurlik, jy sal mos nog aan hom dink. Hy was darem jou pa.” “Watse pa ? Een wat ons altyd moes sleg sê.”
“Jy moenie so praat van jou pa nie.”
“Hoe kan ma nog vir hom opkom. Kyk wat het hy aan ma gedoen.” “Daantjie, wanneer mens lief is vir iemand dan vergeef jy hom alles.” “Self mishandeling ?”
“Hy was nie altyd so nie. Onthou dit.”
“Wat het hom so gemaak ?”
“Verbittering.”
“Waarteen ?”
“Teenoor die Here.”
“Waarom ? Wat het dan gebeur ?”
“Jou pa was ‘n gewone mens. Hy het gereeld kerk toe gegaan.” “Maar …. ?”
“Maar hy het een belangrike deel van Christenskap gekort.”
“Hy het mos op die kerkraad ook gedien ?”
“Dit is so. Jy kan ‘n dominee ook wees, maar as jy nie Cristus in jou lewe aanvaar as jou saligmaker nie help al die dinge jou niks.” “Jou saligmaker ?”
“Ja my seun. Met ander woorde dat Hy aan die kruis gesterf het vir jou sonde dat jy vrygekoop is en dat God jou jou sonde vergewe.” “Maar wat as ‘n mens baie sonde het en groot sonde gedoen het ?” “Wat is groot of klein sonde ? Alle sonde is dieselfde en alle mense doen sonde dit is in ons natuur. Daarom het God Sy Seun gestuur.” Hy onthou nog hoe die Grandfathersclock sy twaalf slae af getel het. Asof hy alles beaam wat sy ma gesê het. Asof hy ‘n stil getuie wil wees van hierdie belangrike inlgting wat aan hom meegedeel is.

Danie kyk na stander op die tafel met die ghoens wat hy so graag laat tik. Dit herrinner hom net weer daaraan hoe vinnig die tyd verby gaan. Half ingedagte sê hy dit hardop; “Die tyd gaan so vinnig verby.”
Jane kan nie anders as om daarop te antwoord nie: “Dis waarom ‘n mens elke oomblik daarvan moet geniet.”
“Nou mag ‘n mens…as jy eers Jesus aangeneem het ? Ek bedoel ..” “Daar is niks wat die Here eerder wil hê ons moet wees nie.” “Maar hoe doen ‘n mens dit sonder om oneerbiedig te wees.”
“Toe jy ‘n kind was, het jy jouself geniet, lekker gelag net geleef ?” “Ja, maar dit was anders.”
“Wat was anders ?”
“Wel ek het nie probleme gehad nie.”
“Waarvoor is jy die bangste ?” Jane probeer van uit ‘n ander hoek. “Wat bedoel jy ?”
“Watse gedagte maak jou die bangste ?”
“Miskien die dood.”
“Waarom ?”
“Omdat ek onseker is ? Ek weet ook nie.”
“Waaroor is jy onseker ?”
“Ek weet nie …. miskien oor die onbekende.”
“Wil jy dit bekend hê ? Wil jy weet wat na die dood gebeur ?” “Ek weet nie. Jy praat diep dinge. Goed wat my bang maak.” “Weet jy dis eintlik ‘n blyeboodskap wat ek jou bring.”
“Hoe kan mens bly wees wanneer iemand dood gaan. Dis so teenstrydig.” “Hoekom sê jy dis teenstrydig. Hoe kan jy hartseer wees as nog iemand huis toe gaan. Na ‘n Plek van Ewige Rus en Vrede ?”
“Wat is Eweige Rus en Vrede ? Hoe omskryf mens dit ?”
“Kan jy jou indink hoe dit moet wees om nooit ooit weer bang te wees nie ? Om nooit ooit weer na iets te verlang nie ?”
“Ek verlang na my ma. Die tye wat ons saam gehad het. Maar jy maak dit makliker.”
“Kan jy jou indink hoe dit moet wees om nooit weer onseker te wees nie ?” “Onseker ?..” Danie dink ‘n oomblik na “On-seker . So klein woordjie.” “En tog is dit hel. ‘n Hel wat ons vir onsself gemaak het.” “Jy laat dit so maklik klink.”
“Weet jy ? God maak dit vir ons maklik. Die mens maak dit vir homself moeilik.”
“Maar is dit nie die maklikste uitweg om self jou probleme te dra nie, om self ‘n antwoord te probeer uit redeneer nie. ?”
“Dis so ironies. “
“Wat ?”
“Vra ‘n kind ‘n moeilike vraag en hy kom met die eenvoudigste werkende antwoord. Vra ‘n sakeman dieselfde vraag dan wil hy met ingewikelde ompaaie dit logies probeer ontleed.”
“Weet jy wat val my op ?”
“Vertel my ?”
“‘n Kind is baie bevoorreg.”
“Vertel verder..” Jane wil Danie graag aanspoor.
“Wel, alles wat my ma en jy my van die Here vertel gaan terug na ‘n kind…” “Die Here self het as ‘n Kind na ons gekom om ons te red. Hoewel Hy almagtig is en alles met die klap van Sy vinger of net Sy Stem kan verander kom Hy as ‘n kind om ons te red.”

Danie sidder wanneer hy terug dink aan daardie dag:
Danie kyk om hom rond. Die liedjie van Ricky Martens She Bang speel oorverdowend in die bedompige plek. Skielik word die plek te klein. Hy moet hier uit. Sy gedagtes is deur mekaar. “Wat soek ek hier?” Maar voor hy kan omdraai staan Chris agter hom ; “Hi ek is bly jy kon kom.” Danie verwens homself dat hy wel daar is hy mompel by homself “Wel ek is nie.” Chris kom staan nader en nooi hom in : “Kom”
Danie sukkel om te hoor met die musiek wat nog net so hard is : “Wat ?” Chris sit eers die musiek sagter voor hy aangaan : “Sorry ma’ hie speel die music partymaal hard.”
In ‘n poging om sy verkeerde stap reg te stel troos hy homself : “Ek sal nie lank bly nie.”
“Wat drink jy ?”
“Coke dankie”
“Ek vra nie wat jy snuif nie” Chris se lag sny deur Danie “Net ‘n joke. Listen wat drink jy saam jou coke ?”
Danie besef net weer hy het ‘n groot fout gemaak om weer hierheen te kom; “Ek sal dit skoon neem dankie.”
Chris kan homself nie keer wanneer hy vra : “Is dit nou die coke of die dop ?” Vererg antwoord Danie : “Luister ek hoort nie hier nie. Ek gaan liewer weer.” Chris sis deur sy tande wanneer hy sê: “Lissen jou old lady is nie goed virrie emidge.”
Danie draai om om te loop : “Los liewer my ma hier uit, sien jou weer.” Chris grynslag vir Danie : “Drink net eers hierrie coke. Jy sal moet relax as jy hie kom. Jy’s te styf.”
“En jy is die soort teen wie my ma my probeer beskerm.”
Chris gee ‘n triomfantlike lag wanneer hy sê: “Dan moet jy oppas virrie coke” “Ek het darm gesien jy gooi dit voor my in. Dit was lekker dankie.” Terwyl hy die glas op die tafel neersit hoor hy Crhis sê: “So naief. Jou arme stomme drommel.”
Danie vat aan die koller van sy hemp : “Verbeel ek my of is dit warm hier binne ?”
“Dis hot my darling. Trek uit as jy wil.”
Danie is skielik deurmekaar. Hy stammel oor sy woorde : “Verbeel ek my of draai die vertrek ?”
“Rondomtalie wielie walie”
“Tjoef tjaf af…Af ?” Dit soos ‘n kreet wanneer danie weer sê ; “Af !” Ewe sarksties vra Chris “Waarom sou jou old lady jou nou teen my waarsku ?” Chris draai die radio harder wanneer hy hoor Sex Bom van Tom Jones speel op die radio.

Jane kyk opgewonde na Danie wanneer sy die kamer binnestap. Sy kan nie anders as om op te merk dat Danie vandag beter lyk as in ‘n baie lang tyd. “Jy lyk goed vandag.”
“Dankie, dis danksy jou.”
“Ek, ag nee, ek doen mos niks.”
In gedagte vra Danie skielik “Hoelank ?”
Jane verstaan nie wat Danie bedoel nie “Hoelank wat ?”
“Hoelank is dit wat jy nou al met my opgeskeep sit ?”
“Sover ek weet, nie eens ‘n sekonde nie.”
“Jy weet wat ek bedoel.”
“Dis presies wat ek ook bedoel. Ek was nog nooit opgeskeep met jou nie.” “Dit was sekerlik nie elke oomblik lekker met my in jou geselskap nie. Jy het seker ander vriende, hope van hulle.”
“Ek moet sê dit was nie altyd ewe maklik nie. Maar …”
“Laat staan jou soet stories en sê liewer dat ek ‘n ondraaglike las is.” “Wat het gebeur sedert ek laas hier uit is ? Wie het jou kom ontstel ?” “Wat weet jy van onstel af miss angel ? Wat …”
Jane praat sagter meer met haarself : “Wat makeer jou ?”
Danie vaar sommer weer op haar uit : “Wat makeer jou ? Is wat ek vra.” Maar Jane laat haar nie so vinnig van stryk bring nie ; “Wat makeer ons albei is waaroor ek skielik wonder.”
Die stilte kom lê styf tussen die twee van hulle. Elk met hul eie gedagtes. Danie is eerste om die stilte te verbreek as hy boetvaardig na Jane draai. “Jammer dit was ongevraagd van my.”
“Dis innie haak.”
Dan praat Danie weer ingedagte “2 jaar”
Jane nog onder die indruk dat hy self sy vraag van vroeër beantwoord “Eintlik net ‘n jaar.”
Dan sê Danie ; “2 Jaar wat my pa dood is bedoel ek.”
“Ek weet, ek was daar. Maar dis nou ‘n jaar lank wat ek jou help.” “Was jy dan daar ? Het jy gesien wat gebeur het ?”
“Meer nog …..”
“Jy bedoel ….”
“Ja dit .. was ..ek.”
“Maar jy kon dan net sowel my suster gewees het.”
“Ek weet.”
“Nou verstaan ek waarom jy jou oor my bekommer.”
“Nee. Jy verstaan dit verkeerd.”
“Hoekoms anders ?”
“In die begin. Heel in die begin was dit toe gaan ek weg.”
“Was jy die een wat die eerste keer die ambulans laat kom het ?” “Ja.”
“Oor jy my jammer gekry het ?”
“Nee.”
“Hoekom dan ?”
“Omdat ek jou ma jammer gekry het.”
“Daaraan moes jy gedink het voor jy …My pa was soveel ouer. Hoe kon jy ?” “Hy’t by my pa kom hulp soek. Finansieële steun..”
“Ja, ek onthou daar was ‘n storie van geld betrokke..”
“In elk geval. Hy’t met my geglimlag.”
“Hy kon dit goed doen in sy jonger jare.”
“Ek was op ‘n onseker ouderdom. Vulnerable”
“Toe val jy sommer vir die ou toppie ?”
“Sal jy my kan vergewe ?”
“Jy sal my eers moet leer hoe mens dit doen Meisiemens.”
“Ek was reeds, net ‘n maand daarna, by jou ma.”
“En sy ? Kon sy jou vergewe ?”
“Jou ma is ‘n merkwaardige vrou.”
“Sy is nê. Net soos jy.”
“Het jy my dan ook vergewe ?”
“Antwoord eers my vraag.”
“Watter een ?”
“Waarom jy al die moeite vir my doen ?”
“Terwyl ek by jou ma was het sy iets gesê wat my tot inkeer gebring het. Tot selfondersoek.”
“Dit klink soos my ma. Nooit het sy ‘n lelike woord gepraat nie, maar sy kon jou altyd laat dink. Hard en diep.”
“Liefde vergeef alles en omdat God se liefde in my is kan ek jou vergewe. Dit was haar woorde aan my.”
“Dis woorde wat ek nooit kon verstaan nie. Tot nou.”
“Ek het na die predikant gegaan om hulp te vra.”
“Dit sê nog nie hoekom jy my help nie..”
“Na ‘n lang proses van selfondersoek en self vergifnes het ek terug gekom.” “Om my te kom bejammer ?”
“Nee, ek wou jou vergifnes ook hê.”
“Wat het jy verwag om te kry ?”
“Ek weet nie, maar ek was anders daarna. Ek kon jou help toe jy dit nodig gehad het. Ek het daar aan gekom net na jou ma se …Na jou uitbarsting.”
“Miskien moet jy liewer nou gaan. Ek wil nie nou oor daardie dag praat nie. Asseblief …”
“Maar ek wil. Ek wil jou alles vertel..”
“Ek wil nie hoor nie. Gaan net. Moenie dat ek op jou skree nie. Asseblief.” “Goed. Ek sal gaan. Sien jou later.”
“Ek glo nie.”
Danie kyk verstreerd op na die Grandfathersclock wat alweer sy twaalf
slae gee. Ghong…ghong….ghong…ghong…ghong….ghong…ghong….ghong….ghong….ghong….ghong….ghong Asof die klok iets weet wat hy nie weet. Asof die klok nie saam met sy gedagtes stem nie.

Jane kyk op wanneer sy ‘n beweging by Danie se bed hoor. Besorgd kom sy nader. Haar aanraking is sag.
“Hoe voel jy nou ?”
Danie maak sy oë flou oop ; “Ek kan dit nie verstaan nie ?”
“Wat kan jy nie verstaan nie ?”
“Jy. Wat wil jy van my hê ? Waarom is jy al weer hier.”
“Moet jou nie daaroor kwel nie, ek wil net help.”
“Waarom ? Kan jy dan nie verstaan dat ek wil vrek nie. Kan jy nie verstaan dat ek dit alles wil eindig nie ?”
“Jy kan juis nou oor begin.”
“Oor begin ? Jy grap seker.”
“Tog nie.”
“Na alles sal ek tog net brand in die hel. Wie gee in elk geval om.” “Die Here gee om. Hy’s lief vir jou en Hy wag vir jou.”
“Moet tog seblief net nie weer met daai kaf by my kom nie . Waar was Hy toe dit alles begin het ?”
“Sy tyd is nie ons tyd nie.”
“Watse verskil sal dit tog maak ?”
“Die verskil lê tussen ewige lewe en ewige dood.”
“Ag kom nou, as jy dood is is jy dood.”
“Tog nie. Dis net jou liggaam wat sterf.”
“Hoekom help jy my ?”
“Is dit so moeilik om te sien dat ek jou lief het ?”
“Waarom ?”
“Waarom kry mense mekaar lief ?”
“Ek is bang vir die liefde.”
“Waarom ?”
“Ek weet nie. Miskien omdat so baie mense seerkry.”
“Dis as gevolg van die mens se sondige natuur.”
“Ek wil jou nie seer maak nie.”
“Jy hoef nie.”
“Maar kyk na my ma-hulle.”
“Kyk na hulle en leer van hulle.”
“Sê nou ek …”
“As jy Jesus eers werklik in jou lewe aanneem en vir Hom lewe sal Hy jou help.” “Ek het reeds ‘n vrou baie na aan my benadeel.”
“Jou ma ?”
“Ja.”
“Dit was nie jou skuld nie.”
“Ek sweer ek wou dit nie doen nie.”
“Ek glo jou.”
“Dit het so reg gevoel op daai stadium.”
“Dit was nie jou skuld nie dit was Chris.”
“My ma het my gewaarsku. Gesê ek moenie gaan nie.”
“Chris is gewentloos.”
“Dit was een glasie coke. Die rewolwer. Hoe moes ek weet.” “Was jy al by jou ma ? Het jy al dit vir haar gesê ?”
“Nee.”
“Hoekom nie.”
“Ek is bang.”
“Waarvoor ?”
“Verwyt, pyn ek weet nie.”
“Sal jy gaan as ek saam gaan ?”
“Sal jy saamkom ?”
“As jy wil.”

Die oomblik toe Danie die deur oop maak sien hy sy ma op die stoel sit. Dit lyk of sy slaap. Hy huiwer ‘n oomblik, meskien moet hy liewer gaan. Jane druk hom vorentoe. Hy struikel amper oor sy eie voete.
“Daantjie ?!” haar stem klink so liefdevol. Asof niks gebeur het. Asof hy netnou hier uitgestap het.
“Ma ?!” Danie se stem klink of dit wil breek. Die oomblik is te groot. Lettie hou haar arms uit “Ek het geweet jy sal kom.” Danie kan nie net net tussen die trane uit kry “Ek …. Jammer… Ek wou nie ek sweer.”
Lettie hou hom styf teen haar vas. Die woorde is skaars hoorbaar wanneer sy fluister “Ek weet dit was ook nie jy nie.” Danie kyk verward op in haar oë. Sy oë soek antwoorde, stadig kry hy uit “Ek…verstaan nie.”
Lettie kry hom so jammer, al die jare moes hy met die self verwyt loop vir iets wat hy nie gedoen het nie. “Dit was nie jy wat die sneller getrek het nie.”
“Maar die wapen was in my hand. “
Jane kom stadig nader en vat aan sy skouer “Chris het jou ma geskiet.” Danie kyk verstom na haar “Maar…”
Die deur gaan oop en iemand kom in. Danie staanstadig op wanneer Chris die vertrek binne stap. Sy stem is skor wanneer hy sê “Daai coke wassie skonie.”
Danie verstaan nie alles wat nou gebeur nie. Dit voel soos ‘n droom “Maar jy het dit dan voor my ingegooi.”
Chris maak sy keel skoon “Uit ‘n oopgemaakte bottel.”
In ongeloof laat Danie sy kop sak “Hoekom ?”
Chris staan agteruit. Sy stem is bevelend wanneer hy met Jane praat “Vertel hom Jane.”
Jane maak haar keel skoon “Ek en Chris was vriende tydens jou pa..” Chris gee haar nie kans nie “En wat van Danie.”
Jane probeer vir haarself skerm “Ek het reeds nie meer by Chris gaan kuier nie.” Danie staan dreigend nader, sy kan sien hoe sy borskas op en af beweeg. As dit net nie nodig was nie, maar die waarheid moet nou uit. “Wat van my ?” Sy stem is naby aan histerie.
Jane kyk hom vas in die oë “Chris het my gevra om weer met hom uit te gaan vroeër daardie oggend.”
Chirs se grynslag maak haar bang, soos daardie aand, wanneer hy praat1. “Toe moes ek verneem dat sy nou in die laaitie belangstel na die ou top nie meer daar is nie.”
Danie kyk na Jane, sy oë lyk soos twee vuurbolle, die seerkry is duidelik daarin. Sy stem is sag wanneer hy praat : “Is dit waar Jane ?”
Haar stem is ook sag wanneer sy na hom kyk “Ja.”
Danie kyk amper dwarsdeur haar . Met moeite hou hy sy stem in toom : “Jy het dus al die tyd geweet ?”
Jane kyk weg, sy kan dit nie langer verduur nie, haar stem is net-net hoorbaar “Ja”
Die vrae in sy oë is genoeg om haar koue rillings te gee. “En waarom het jy my niks vertel nie.”
Danie het al amper van sy ma vergeet wanneer sy namens Jane antwoord: “Sy wou maar ek het gesê sy moenie. Jy moet eers genees.”
Sonder om na enige iemand spesefiek te kyk draai Danie om. Die kamer het te klein geword. Daar is te veel dinge waaraan hy nou moet dink : “Dis te veel vir my. Ek gaan uit.”
Jane wil hom volg maar staan soos ‘n standbeeld terwyl hy by die deur uitstap. Sy wens dit was nie nodig om hom so te sien nie. Hy sal seker nooit eers weer in haar rigting kyk nie.

Jane sit ingedagte, sy word bewus van die radio wat al harder speel. Sy herken nie dadelik die musiek wat speel nie, dan hoor sy dis Lady Jane wat speel. Sy loop sitkamer toe om te kyk waarom die radio nou so hard speel. Die verbasing is duidelik hoorbaar in haar stem “Danie ?!!” Sy huiwer ‘n oomblik dan kom hy nader en druk haar styf teen hom vas, sonder om ‘n woord te sê. Haar stem is sag wanneer sy praat “Danie”
Danie hou haar nog teen hom vas, sodat hy nie haar oë kan sien nie : “Jane ?” “Het jy my al vergewe ?”
“Was ek dan kwaad vir jou ?”
“Kan jy ‘n oomblik ernstig wees ?”
“Ernstig ?”
“Ja.”
“Om eerlik te sê ek weet nie.”
“Hoekom ?”
“Omdat ek bang is..”
“Waarvoor ?”
“Dat jy ‘n regte Engel is ?”
“En as ek is ?”
“As jy is beteken dit dat jy sal weg gaan.”
“Waarom sal ek dit wou doen ?”
“Omdat Engele mense net help en dan weggaan om ‘n ander te help.” Jane kyk hom in die oë wanneer sy vra : “Kan ek vir ons bid ?” “Vir ons ewige samesyn ?”
“Ja.”
“Beteken dit dat jou antwoord ja is..”
“Dit was die eerste keer al ja.”

Posted in Gedigte.

Leave a Reply