Die opdrag

Die opdrag

Ek onthou ‘n bang vrou wat onseker was oor haar toekoms
“Wees nie bevrees want jy is uitkies vir ‘n besondere taak”
Ek onthou van ‘n jong man wat in sy God geglo het
“Julle moet die Seun Jesus noem”
My geheue gaan terug na die nag met ‘n blink ster in Bethlehem “Vandag word daar vir ons ‘n Koning en Verlosser gebore”
Ek onthou die woorde van jong Seun aan Sy moeder
“Ek is besig met die dinge van My Vader”
Ek onthou die oomblik van ‘n groot wonderwerk
“Gaan en deel die 5 vissies en 3 broode vir die mense”
Iewers in my agterkop draai die opdrag wat U vir ons gegee het “Gaan en word vissers van mense”
Iewers in my agterkop draai die belofte wat U vir ons gegee het “Deur die bloed van Jesus Christus is jy gered”
Ek onthou van ‘n dag wat die son verdwyn het en Jesus na U geroep het “My God, My God…Waarom het U my verlaat ?”
Maar ek onthou ook die hoop en genade van daardie dag
“Jou sonde is vergewe, vandag sal jy saam met My in die hemel ingaan” Ek onthou ‘n gebed wat ek eendag gebid het
“Behoed ons van die gevaar o Heer”
En ek onthou die oomblikke wat daarna gevolg het
“Dankie, Heer, U is ‘n Lewende God”

Posted in Gedigte.

Leave a Reply