Die monster.

Met my rug op jou gedraai,

skyn die son weer oor my moeë siel.

Ek het nie meer nodig om by jou te wees.

My liggaam ruk nie meer, want jy raak nie aan my.

My ore is nie meer blootgestel  aan jou geskel.

Ek kan selfs al amper weer glimlag,

maar die pyn lê nog te diep.

Dit was so anders toe ons ontmoet het.

Jou woorde was altyd so opbouend.

Jou aanraking so sag.

Maar ‘n monster het van jou besit geneem.

Stadig het dit jou opgevreet.

Voor my oë moes ek elke dag sien

hoe jy bietjie vir bietjie wegraak.

Ek het probeer om jou terug te kry.

Ek het jou gesmeek om harder te beklei.

Maar die monster het jou oorgeneem.

Jou van almal wat jou liefhet vervreem.

Vir nou moet ek eers weer myself vind.

Net weer besef dat dit nie my skuld is.

Jou keuses raak almal om jou.

En net een verkeerde besluit het jou weggevoer.

‘n Land waar niks meer saak maak behalwe

om ‘n monster te voer wat jou verslind.

Al is ek nie meer by jou,

sal my gebede jou volg.

Sal my gebede jou siel beskerm.

Want by God is niks onmoontlik.

Maar vir nou moet ek na myself omsien.

Weer mens word en asem haal.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply