Die man op die bankie

Daar op die bankie sien ek jou geboeë figuur,

jy lyk so verlore en verwese.

Ek wil jou teen my vasdruk.

Vir jou sê alles sal regkom.

Jou omstandighede is aan my onbekend.

Jou naam ken ek nie eens nie.

Maar vandag het jy my siel aangeraak.

Jy wou net ‘n nommer aa my gee,

maar ek het jou ‘n geldjie gegee.

Met die woorde, jy sal gehelp word vandag.

Nou kla my gewete my aan.

En ek wonder of iemand anders jou gehelp het.

Iets in jou voorkoms het my nader getrek.

Maar ek sal nooit weet of jy wel hulp gekry het nie.

Ek wonder wat jy al alles moes deurmaak.

Ek wonder hoe jy smag na ‘n sagte bed.

Heer, U ken die man op die bankie.

U ken sy pyn en verlange.

Ek weet U sal hom ook vanaand vashou.

U genade sal hom huistoe bring.

Hoe kan ek jou vergeet na vandag.

Jy, die man sonder ‘n naam,

wat vandag my hart aangegryp het.

Jy was so seker dat iemand jou vandag daar sal kry.

Mag jy jou rusplek vind.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply