die geboorte van ‘n Kind

Die geboorte van ‘n Kind

Nog altyd was dit ‘n wonderwerk wanneer ‘n kind gebore word
Maar tog was die geboorte van Jesus meer as net ‘n wonderwerk Nog altyd was dit die aanraking van ‘n kind se hand wat sy ouer se hart aanraak Maar tog het die aanraking van die Jesuskind se hand geen perk Nog altyd was die glimlag op ‘n kind se gesig soos balsam vir die pyn Maar tog is ‘n glimlag van Jesus ‘n glimlag van God self
Waar ‘n kind skaterlag en gelukkig is sien jy die straling op sy gesig Waar Jesus skaterlag en gelukkig is sien jy die straling op jou geliefde se gesig
Waar ‘n kind se woorde vrede bring in ‘n ouer se hart
Bring Jesus se woorde vrede vir die hele mensdom
Wanneer ‘n kinderhart vir jou sê hy’s lief vir jou laat dit jou goed voel Wanneer Jesus sê Hy’s lief vir jou is dit Goddelike woorde
Wanneer ‘n kind jou smeek om na hom te luister word stil, want sy lewe is op die spel
Wanneer Jesus jou smeek om na Hom te luister word stil, want jou lewe is op die spel
As ‘n kind jou hand neem maak seker jy verstewig jou greep
As Jesus jou hand neem, ontspan want jy’s veilig
As ‘n kind saam met jou huil is dit soms omdat hy nie wee twat anders om te doen As Jesus saam met jou huil weet dat Hy reeds besig is om jou te genees Wat jy verkeerd doen aan ‘n kind doen jy ook verkeerd aan Jesus Waar jy ‘n kind verneder en sleg maak doen jy ook so aan Jesus Waar jy ‘n kind mishandel sal jy nie ongestraf bly nie
Wees lief vir ‘n kind want voor Jesus is ons ook maar net ‘n kind wat nog leer

Posted in Gedigte.

Leave a Reply