Die Boodskap

My woorde word vasgepen deur mense wat Ek self uitkies.

Soms stuur Ek ‘n boodskap met ‘n posduif,

en soms fluister Ek dit op die wind.

Somige woorde lê maar so in die lug en wag vir ‘n stukkie papier.

Maar altyd sal My boodskap jou bereik.

In die wêreld waar soveel seer en trane is,

kan die mensekind so maklik twyfel in My bestaan.

Jy mag dalk begin dink dat Jesus maar net ‘n Lone ranger was.

Dalk begin jy wonder en twyfel of Ek hoegenaamd nog wonderwerke doen.

Het jy geweet dat Ek deurentyd besig is met jou lewe?

As jy luister op die die nuus hoe baie mense daagliks vermoor word,

kan Ek verstaan jy wonder of Ek in beheer is.

Wees nie beswaard oor jou geliefdes wat reeds by My is.

Hul lewensroete is nie soos joune uitgewerk.

Jou hart mag dalk in stukkies voor jou voete lê,

en jy mag dalk, vir ‘n oomblik, teen My liefde verhard,

maar vergeet nie My verbond met jou.

Jou siel, sal soos al die ander gelowiges,

saam met My in alle Heiligheid, voort leef.

Laat die stukkies van die wêreld jou nie ontneem van My.

Laat die mis van jou omstandighede nie jou voetval bepaal.

Bring jou siel tot stilte om My asemhaling in jou nek te hoor.

Weerhou jou oë van die puin om jou en lees My woorde in die wolke.

Slaan jou hande nie saam in afgryse, maar hou hulle bymekaar in gebed.

Laat jou voete nie weg hardloop met jou,

maar volg hulle na waar Ek jou wil gebruik.

Laat jou liggaam nie bewe van vrees,

maar dans op die jeubelsang van My engele.

Laat jou woorde lewe spreuk, want daar is reeds te veel vloeke uitgespreuk.

Bid vir die boemelaar langs jou,

want laas week het hy ‘n seën oor gespreek.

Leer die kinders in jou lewe van My in die manier waarop jy lewe.

Gee liefde waar jy gaan dis dalk die enigste liefde wat daardie persoon kry.

Vra in geloof wat jy nodig het, en wag dankbaar op My koms.

Ek gee jou tyd, dalk meer as vir die ander,

gebruik dit om My dieper te leer ken,

maar ook om ander van My te vertel.

Leef nie in vrees oor wanneer of hoe jou sekonde sl kom,

maar leef in dankbaarheid vir die genade wat Ek jou skenk.

Raak dus rustig My geliefde kind.

Jy is so onskatbaar kosbaar vir My.

Ek het jou lief soos Ek Jesus lief het.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply