Die antwoord

Soms lyk die antwoord so maklik as jy nie die vraag vra. Soms dink ons waarom het daai een nie net so gemaak. Maar die waarheid is ons elkeen dink anders.
Ons behoeftes verskil.
Heer, daarom is ek so dankbaar dat U in ons woon.
Daarom kan ek U loof en prys. Ongeag ons omstandighede, Heer, U is altyd in beheer. Ek bid vir innerlike kalmte vir my geliefdes.
Heer, U sien soveel meer raak as wat ons besef.
U ken ons swakhede maar ook ons goeie punte.
Ons hele lewe is gemaak om ons voor te berei.
Heer, met diepe dankbaarheid kom ek voor U staan.
Heer, ek bid vir gehoorsaamheid.
Ek vra dat U vir my sagte woorde sal gee.
Heer, ek bid vir ‘n glimlag al borrel die seer in my.
Net U kan ons pyn verlig.
Net U kan ons in U genade omvou.
My siel juig want in U is ek vry.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply