Deur my

Die musiek drawwel oor die vloer
tintel deur my are van my voete af
sag raak dit my ore aan
ek voel my spiere begin hul eie ritme vind
stadig begin my siel ontvlug van sy kettings
ek voel die glimlag oor my gesig versprei
op ‘n drafstap weg van die aarde se woel
swewend tussen hemel en aarde
my toevlug
‘n ontvlugting
‘n dans wat my siel bevry
vry van wie ek moet wees
vry na wie ek wil wees
bevryding van stywe spiere
bevryding van dit wat my gevange hou
sielsbevryding

Posted in Gedigte.

Leave a Reply