Deur My oë

Ek ken elke voetval van jou.
Jou lewenspad loop Ek wakend saam jou.
Wanneer jy val stuur Ek iemand om jou op te tel.
Wanneer dit vir jou voel jy huil alleen,
sus Ek jou aan die slaap.
Soms spartel jy so hard teen jouself.
Raak rustig en voel My hand onder jou.
Soms soek jy so hard na die regte antwoord.
Raak net rustig en vertrou op My.
Luister na My stem wanneer Ek met jou praat.
Gryp die geleenthede aan
wanneer Ek dit vir jou gee.
Maak jou hart oop vir My.
Want op mense kan jy nie vertrou.
Bring jou hartseer en jou trane na My.
Ek sal by jou staan en oor jou waak.
Laat My toe om jou vas te hou.
Laat My toe om jou die pad verder te wys.
Draai om na My.
Ek roep jou by die naam.
Jy is Myne.
Ek het jou lief.
Amen

Posted in Gedigte.

One Comment

Leave a Reply