Deur my gedagtes

Dis stil hier in my gedagtes vandat jy weg is,
dit help tog nie om in die verlede te dwaal:
die voedpad het in tussen toe gegroei,
die voëls het weggetrek.
Die sterk waterval is nou net ‘n paar poele van onthou.
Ek loer maar so nou en dan in, maar jou beeld het verwaag.
Jou woorde weergalm nie meer deur die oorgroeide varing blare nie. Ek probeer nie meer hier indraai nie, maar vandag moes ek net. Ek moes kom seker maak dat jy regtig weg is,
jy weet, voor ek regtig kan aanbeweeg.
Hy is anders as jy.
Hy laat my ook lag, maar dis nie jou soort grappe.
Ag dis okay vir nou.
Ek kom maar net vir jou sê al is jy nie meer hier nie.
Eendag sal ek seker hier kan verby loop sonder om aan jou te dink. Vir nou word jou naambordjie nog elke dag af gestof.
Maar binnekort sal hy my gevange hou, hopelik.
Ek wonder of jy nog soms kom inloer hier,
dalk sien jy nog my wegstap spore in die modder waar my trane geval het. Ag dit maak nie meer saak nie, ek moet aan beweeg.
Jou skadu dwaal nog soms deur my drome,
en net soms, as ek baie gelukkig is, draai jy tog om en glimlag ‘n oomblik met my. Maar dis net soms.
Maar ek sal okay wees nou.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply