Dans

Dans op die ritme van die donker nag.
Hoof laag gebuig, moedverloor, bewegings stadig en stram.
Elke tromslag gevolg deur ‘n kreun.
My siel is stil vanaand my spiere willoos.
Ek sien die nederlaag in jou oë en ek voel jou pyn vanaand. My hande wil jou optel, hoog bo my eie krag.
Daar waar God alleen jou siel kan omvou.
Maar ook my kragte is min vanaand.
My pas is stadig, my voetval swaar.
More, wanneer die son weer die horison begin verkleur.
More terwyl die dou die blare se stof afwas.
More sal my glimlag weer nuwe krag vir jou kom opwek.
Dan sal ons weer ront-om-tiekie-draai.
More wanneer die sonstrale my siel weer verwarm.
Dan, my liefling, sal ek my oog speels vir knik.
My bene buig om jou te eer.
Want jy is my held en ek kyk op na jou.
Ons, my Liefling, is gemaak om te wals.
Ons hande saam te vat.
Ons kenne gelig.
Tree vir tree sal ons swierig en stadig dans.
Op maat van God se wals.
‘N suiwer lied net vir ons geskryf.
Waar ons voete die passies vrolik dans.
Goed ge-oefen om elke maat met ‘n glimlag en in oorgawe te dans. Vanaand mag ons dalk stadig dans.
Maar more my Liefling is die dag waarna ek uitsien.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply