Dans van hunkering

Die sagte musiek stuur my oor die dansvloer.
Soos die note op en af en draaiend speel,
So gaan my gedagtes terug na jou.
Ek voel jou fyn handjie in myne lê.
Baie bewus van mekaar se nabyheid.
Ek draai jou swierig in die rondte.
Al om die saal sweef ons verlore vir die oomblik.
My siel bewe van opwinding.
Ek ruik die vars geur van jou sagte hare.
Ek sien jou lang wimpers wat skaam oor jou oë sak as ek vir jou kyk. My hart hunker na daardie tyd.
Die lewe wat deur my jongmans are vloei.
Jou soet glimlag wat my verlei.
Hoe verlang ek nou na daardie tyd.
‘N leeftyd van musiek en dans en jy.
Die gedig is vir jou Pa Hannes. Mis jou so vandag en verlang na jou.

Amanda Boucher
0837928163
www.waterstrome.co.za

Posted in Gedigte.

Leave a Reply