Dankie Heer

Soms word ons moedeloos en wil weghol.
By die werk, en by die huis gaan dit soms net te dol.
Dan is dit tyd om net rustig te raak.
Want al hierdie aardese dinge maak op die ou end nie saak.
Trek terug na die weƫ aan ons voor gegee.
Bid vir die nodige krag vir elke tree.
Heer, dankie dat U altyd by ons staan.
Wanneer ons dit die minste verwag.
In ‘n vreemdeling se vriendelike lag.
In die woorde van ‘n kennis om jou te onthou wie jy is.
‘n Oomblik van onthou waar jy vandaan kom.
Soms word mens gestop om net weer te onthou wat is die belangrikste. Dankie Heer, dat U ons so lief het.
Dankie dat ons op U kan vertrou.

Posted in Gedigte.

One Comment

Leave a Reply