Dankbaarheid

Heer, weereens kom bring U my lewe voor my.
Weereens wys U vir my net hoe dankbaar ek behoort te wees.
Die lewe wat U vir my beplan het is vir my behoeftes uitgelê. U ken my waardes. U ken my gebreuke.
Heer, ek staan dankbaar voor U. Elke dag word sag om my toe gevou. Elke opdraande is ‘n klein miershopie.
Heer, U het baie padtekens en aanwysings vir my aangebring. U hou my sag in die holte van U liefdevolle hand. U verberg die groot slaggate in die pad.
Heer, ek staan dankbaar voor U want weereens het U my oë kom oopmaak. Weereens het U my die hardheid van die lewe gewys.
Heer, ek staan dankbaar voor U vandag.
U het my lewe volgens my ingerig.

Posted in Gedigte.

One Comment

  1. Amanda, Baie dankie hiervoor, ek’t dit so broodnodig in my geval, veral met operasie wat voorlê. Die laaste Toetse word more geneem “Cat & MRI scans.” Neurochirurg neem my môre dadelik op en hy is nie baie gelukkig met my toestand nie. Ek sal sodra ek kan weer op fb opgaan. Het jou Pragtige Gebede so gemis. Baie dankie vir jou en almal se Gebede, ek’t elke Gebed ontsettend baie nodig. <3 O:(

Leave a Reply