Dagbreek

En dit was aand en dit was oggend, die volgende dag.
En dit word dagbreek na nog ‘n lang nag.
Weereens het ons Hemelse Vader Sy engele oor ons laat waak.
Nog ‘n nag het Hy ons beskerm teen die draak.
Iewers het Hy iemand teen Sy boesem gehou in hierdie nag.
Een of andertyd het Hy die gekerm gehoor van ‘n bange siel.
Iemand se trane is opgevang vir vanoggend se dou.
‘n Moeë en uitgeputte siel is vannag gered van sy stryd.
Nog ‘n wonderwerk het iemand se oë laat oop gaan
Heer, ons dank U vir ‘n nag waarin so baie gebeur het.
Ons bid vir die wat in U twyfel nadat hulle seer gekry het.
Ons bid vir die wat begin moed verloor.
Heer, ons bid vir die wat deur ander mislei word oor U bestaan. Heer, ons bid vir die wat deur satan aangeval word.
Gee ons krag om vandag tot aanwins vir U te wees.
Heer, hoor ons loflied in hierdie oggend.
U is groot en wonderbaar.
U werke het nie einde nie.
U maak lig waar die donker ons oorweldig.
U stuur ‘n engelekoor waar die donder ons verdoof.
Heer, U gee ons geloof in Christus wanneer ons bang raak.
Heer, dankie dat U ons eerste lief gehad, nog voor ons bestaan. Amen

Posted in Gedigte.

Leave a Reply