Dagbreek gebed

Die son se kleure breek deur die wolke.
Dis weereens dagbreek.
Nog ‘n belofte is nagekom.
Maar iewers staan ‘n man verslae.
Die optrede van ‘n ander het sy toekoms verniel.
Stom geslaan oor die wreedheid van ‘n vreemdeling.
Verbitter teenoor die mensdom se haat en jaloesie.
Heer, net U sal weet.
Net U sal die grooter prentjie sien.
Iewers sit ‘n vrou in ‘n hopie opgekrimp.
Haar hart en siel moeg om altyd gereed te wees.
Wie gaan haar op tel ?
Wie gaan haar die keer kan troos ?
Versterk van binne ?
Die Heer sien al hierdie trane.
Hy hoor die snikke in die laatnag.
Hy bring die oggenddou as teken dat Hy saam ons huil.
Maar Hy bring weer ‘n sonopkoms vir ons.
Moenie jou geloof in die Here opgee.
Want Jesus het gesterf en opgestaan vir ons.
Ook Hy moes ly aan die hand van dwase mense.
Heer, ek bid vir die verlore sielle.
Ek bid vir die wat moet sterf sodat ons kan lewe.
Heer, die mensdom het hul rug op U gedraai.
Hul luister na dwase en volg hul raad gebore uit onkunde en haat.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply