Daarom kan jy

Nog voor die son op kom is jy reeds in My gedagtes.
Ek weet van al die dinge wat op jou pad gaan kom.
Soms laat Ek jou later ry sodat jy nie ook in die ongeluk is. Partymaal laat ek jou foon afsny sodat jy nie die verkeerde oproep kry. Net soms lei Ek jou op ‘n vreemde pad sodat jy die natuur kan bewonder. Ai My kind, dit maak My so opgewonde as jy bly is.
Ek wag geduldig dat jy na My vra as jy met iets worstel.
Omdat Ek vir jou lief is,
daarom gee Ek jou al hierdie dinge.
Bly in My.
Vertrou op My.
Glo in My.
En jy sal verstaan dat jy genoeg het.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply