Christusfees

Ek kon vir jou ‘n groot persent koop
maar wat sou dit wees?
Ek kon vir jou ‘n duur luukse sportmotor koop,
maar dit sou jou nie ver bring op jou lewensreis nie.
Ek kon vir jou ‘n strandhuis koop, maar sonder God se liefde is dit ‘n leë dop Ek kon vir jou pragtige juwele koop maar dis nie wat mens regtig mooi maak nie. Aaahhh, dalk moes ek vir jou ‘n movie koop,
maar geen verhaal kom naby Jesus se verhaal nie.
Mmmm miskien moes ek ‘n CD gekoop het,
ag wat net God se genade kan ‘n ware vredes lied in jou siel bring. Wat ek wel sal doen is om vir jou ‘n gebed te gee.
Heer, ek bid vir genade vir my geliefde wat hier lees.
Ek bid dat U hierdie persoon sal seën in elke besluit.
Ek bid dat U vrede in hierdie persoon se hart sal wees.
Heer, ek loof en prys U wonderlike naam.
U het mens geword om ons sondes te kom vergewe.
U het mens geword sodat ons elkeen in ‘n verhouding tot U mag staan. Heer, ek bid U teenwoordigheid by die wat alleen voel vandag. Heer, ek bid vir vertroosting vir die wat ‘n geliefde mis.
Heer, ek bid vir die wat wegkyk omdat hul nie hulself kan vergewe. Heer, dankie dat ons nog U geboorte mag herdenk.
Geseënd is jy wat nie daar was maar steeds glo in Jesus as ons verlosser.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply