hoe vergeet ‘n mens ?

“Hoekom is jy al weer so haastig Shasha ? Ons het wanneer laas tyd aan mekaar spandeer. Soos in die begin jare. Onthou jy nog ?” Sy het geglimlag. “Ja ek onthou. Toe jy nog met hart en siel aan my behoort het.” Haar woorde het hom onkant gevang. Hy wou eers stry, maar hy het geweet sy was reg. Daarom het hy sonder ‘n word opgestaan en aan getrek. Haar ‘n oomblik styf teen hom vasgedruk. Baie styf. “Ek is baie lief vir jou Shasha. Baie.” Dit het amper meer geklink of hy homself probeer oortuig van die feit as wat hy dit vir haar bedoel het. Daarmee is hy uit die huis. Sonder ‘n koppie koffie en ontbyt. Hy het op die bankie in die park gesit. Sy kop in sy hande, sy arms gestut op sy knieë. ‘n Ou dame het langs hom kom staan. “My seun…” Het sy begin praat, ‘n effense kraak in haar stem. “Wanneer jy voel niemand kan jou help nie, is die Here al hulp wat jy nodig het.” Arno wou nog sy mond oopmaak om iets te sê, maar sy het net vir hom geglimlag, om gedraai en stadig aangestap. Sou dit ‘n voorbode wees ? ‘n Skim ? Dalk nog ‘n engel ? Tot vandag toe wonder hy. Maar sy gedagtes het hom gou weer beet gekry. Hy begin wonder oor die teenstrydige lewe wat hy lei. Sag het hy met homself gepraat. “Arno, jy moet besluit. Wil jy aan gaan met jou lewe soos dit is ? Wil jy aanhou om Shasha te vertrap terwyl sy so goed is vir jou of wil jy jou weë terug bring op die regte pad ?” Arno het nog so daaroor gesit en dink toe hy ‘n sagte hand op sy arm voel. Vir ‘n oomblik het hy gehoop dis Shasha. Gebid dat dit sy moet wees. Sy het altyd geweet hoe om hom beter te laat voel. Maar die noodlot was teen hom daardie dag. Die noodlot was uitdagend. Haar glimlag was verleidelik. Haar klere uitlokkend. Haar stem was so soet soos stroop. As hy maar net geweet het dat daardie vlammetjie wat hy voel brand, besig was om sy laaste hitte uit te brand. Haar glimlag, wat in haar oë ook gelê het, het stadig aan sy mondhoeke begin pluk. Haar bewegings was
sensasioneel. Uittartend. Nie omdat sy dit doel bewus gedoen het nie. Dit was maar haar manier. Die enigste wapen wat sy gehad het om te kry wat sy wil hê. Te hou wat sy gedink het aan haar behoort.

Uit gewoonte die afgelope tyd, voel Cindy weer oor haar maag. Wie sal ooit hierdie leë gevoel kan verstaan ? Die wonder van ‘n baba is onbeskryflik. Die geskenk wat uit die hemel vir ‘n vrou bestem is. Of in elk geval vir sommiges. Die trek op haar lippe is skaars merkbaar na buite, maar binne is sy bitter. Vergeet en vergewe is geen maklike taak nie. En om alleen daardeur te gaan…dis byna onmoontlik. Sy dink weer aan ‘n email wat sy eendag gekry het : Difficulty is the first stage of a miracle. However, for a great miracle the condition is not difficulty but impossibility.
Ja, en onmoontlik is dit beslis wat nou van haar verwag word. Daar is ‘n gesegde wat sê mens moenie in die verlede lewe nie, maar hoe moet sy na die toekoms kyk ? Sy kan skaars vandag oorleef. Cindy voel hoe die hoofpyn net weer erger word en raas met haarself. “Is dit nou hoe jy die vakansie wil omkry ? Ruk jouself reg Cindy. Netnou sien iemand jou.” Dis dan ook op die stadium dat sy die man se oë van ‘n paar sitplekke voor haar op haar voel. Maar sy gee liewer nie aandag daaraan nie. ‘n Man is beslis die laaste waaraan sy nou dink. Hannes was haar alles en nou is hy weg….vir altyd. Niemand sal ooit sy plek kan in neem nie. Vir ‘n vlietende oomblik hou sy oë haar tog gevange. Maar net ‘n oomblik. Dit laat haar terug dink aan Hannes. Daar kan nie nog twee persone wees wat so gelukkig was soos hulle nie. Die baba…Karien sou haar naam wees. Karien was waarvoor hulle so lank al gewag het. Oor gedroom het.

Dis twee uitreksels uit my roman “Hoe vergeet ‘n mens ?” wat binnekort hier bskikbaar sal wees. Daar sal 2 weergawes wees, aangesien dit ‘n hygroman is. Die een sal ek sensor vir die sensitiewe leser en die ander een sal in sy oorspronklike formaat wees. Maak asb seker dat u die regte een bestel sodat dit u smaak sal pas. dit is die eerste uitgawe en die eerste keer wat dit te koop aangebied sal word. ongelukkig sal dit net elektronies beskikbaar wees. hoop om binnekort vir julle baie meer tot diens te wees. hou asb die webtuiste dop !!

AMANDA BOUCHER
CELL 0832739894

Aandlied

Aandlied

Ek luister na die die aandlied in die vorm van voëlgesang
Ek hoor ‘n danklied vir nog ‘n dag
‘n Gevoel van vrede spoel oor my
Daar is geen teken van eensaamheid of bang
Want ek weet dis maar net ‘n oogwink lank, die nag
En ek weet U waak ook oor my
Ek hoor U stem wanneer ek onrustig raak
Ek voel U hand wanneer my geliefde aan my skouer raak
Ek sien U wonderdade wanneer ek na ander mense kyk
Heer, U ken ons elkeen se hart en weet wat ons benodig
Heer, neem aan hierdie klein en kort gedig
In U omarming is vrede en liefde in oorvloed
En U belofte vir ‘n beter dag lê in die vroeë oggendgloed
In U belofte vir Eendag is ‘n gevoel van hoop gebêre
En al klink dit so, is dit nie meer in die verte
Want U koms is naby en die vervulling van U belofte is seker In die aandlied van die voëls het ek ‘n vol beker
Die seëninge is soveel meer as wat ons kan tel
Die verhaal is waar wat U al vir soveel jare vertel
In my glimlag lê meer as net vrede
Want U het my nog altyd U liefde bewys in die verlede
Sonder dat ek vra het U reeds al my probleme opgelos
En die gedagte daaraan laat op my wange ‘n gesonde blos

Onsekerheid

Onsekerheid

Heer, daar is maar net een ding waarvan ons kan seker wees in ons lewe

Daar is net een feit wat ons moet onthou elke dag in ons strewe

Ons is hier omdat U ‘n spesiale doel vir ons elkeen beplan

En soms voel ons te vasgekeer as dinge nie gaan soos ons dink dit moet

Maar U het geweet wanneer en hoe die lewe met ons gaan stap

Ons moet net leer om U ten volle te vertrou, want U weet wat ons kan

Daar sal tye kom dat ons mekaar se hand moet skud en groet

Daar sal tye kom wat dit voel asof U greep verslap

Maar dis wanneer U ons reeds opgetel het en ons spiere ontspan

Dis wanneer U sms’e met spesiale boodskappe stuur

Help ons om U aanraking te voel wanneer ons die duisternis in tuur

Want U het reeds ‘n ander deur vir ons oop gemaak

U het reeds ‘n ander hand gereel wat wag om ons aan te raak

Heer, ek bid hierdie kort gebed vir ‘n spesiale groep mense vandag

Ek bid hierdie gebed vir mense wat onbewus was wat hierdie dag sou bring

Maak die las op hul skouers lig in hierdie middag

Gee hulle helderheid o moor ‘n maand later U loft e kan sing

Gee hulle die helderheid van verstand om op U te vertrou

Heer, daar is vele viendskappe en hieride jare gebou

U het hulle nodig om nuwe mense nader aan U te bring

Heer, of dalk wil U ‘n ‘n ander opdrag vir hul gee

Wees vanmiddag met hulle op elkeen se pad

Amen.

wat ‘n voorreg

Wat ‘n voorreg

Wat ‘n voorreg om te besef hoe gelukkig mens is om die Here te ken

Wat ‘n voorreg om te besef jy is regtig op die pad om te wen

Leef soos iemand wat niks het om te verloor

Hoor in tye van nood jou eie Engelekoor

Wees net mens en geniet elke oomblik wat jy kry

Want geen pyn sal vir Ewig bly

Besef dat dit wat jy het, as kind van God, kan geen geld koop

Besef ook jy is met Jesus’ Bloed gedoop

Gee elke dag alles wat jy het, want more kry jy nuwe krag

Geniet die blomme en voëls, dis deel van God’s prag

Moenie jou blind staar teen jou probleme en dit groter maak

Staan terug en laat Jesus toe om jou saggies aan te raak

Haal diep asem en stop net vir ‘n oomblik

Die Here is altyd by jou en besig om jou pad aan te pas

Moenie dat die woede en seer jou laat verstik

Die Heilige Gees staan reg om jou te help dra aan die las

Moenie dat jou woede en pyn jou God se genade misgun

Hy is nog steeds daar en beskerm jou steeds net soos in die begin

Sien die wonderwerke, om jou rond elke dag

En ervaar die Here se werke in jou lewe, ook deur die nag

So baie dinge word ons weerhou om ons te beskerm teen gevaar

Die bewys van die Engele wat ons met liefde bewaar

Onthou dis ‘n voorreg om die Here te dien

Al het Hy ons lankal reeds raak gesien

Onthou Hy gee jou die keuse om Hom te volg elke dag

En elke dag is Hy die Een wat ‘n tree voor jou staan en wag

Hernu vandag weer jou liefde vir Hom

En die resultate sal jou verstom

AMANDA BOUCHER

“n Gedig vir Dad

‘n Gedig vir Dad

Hi, dad hoe mis ek vandag daai glimlag van Pa

Hoe mis ek skielik al die raad waarmee Pa ons altyd kon dra

Ek luister na musiek wat ek weet Pa van sou hou

En ek wonder wat Pa sou sê as Pa kon saam luister

Ek hoor nog hoe lekke Pa altyd saam kon sing en ek in verwondering luister

Dankie tog vir gedigte wat ek in my hart kan skryf en weet Pa sal dit lees

Wanneer die blomme in tuin uitloop voel ek Pa langs my

En sien die genot in Pa se oë en glimlag wat na buite sprei

Ek onthou weer op my troudag toe Pa saam my gedans en gelag het

Wonder waarom mors mens soveel tyd en agterna wil jy spyt kry

Ag wat, ek skat dis seker maar hoe die lewe is

Gelukkig was dit goeie tye wat ek saam Pa onthou

Gelukkig was Pa altyd daar om my regop te hou

Jammer ek was nie die laaste dae so getrou met die besoeke

Maar dit het my hart gebreek om Pa so te sien

Ai Pa ek skat ek moet alweer gaan

Sal altyd lief wees vir Pa en lyk my die mis word meer in plaas van minder

Vriende in hoë kringe

Vriende in hoë kringe

Heer, U is my Vriend wat altyd vir my vooruit kyk

U is die Een wie se asem oor die donkerwolke blaas

En voor ek my oë kan uitvee het hulle gewyk

U is die Een wat my voet op die regte spoor plaas

Soms struikel ek en dink ek het geval

Maar eintlik moes dit so wees sodat ek kan stop voor die wal

Soms word my aandag vir oomblik van my koers weg gevat

Sodat ek nie moet sien hoe groot die klippe is wat voor my wegspat

U is my Vriend in die hoë kringe wat die nuwe deur vir my oopmaak

Skielik is daar geleenthede vir ‘n blink toekoms wat vir my wink

En ek moet glimlag as ek daaraan dink, al is daar in my mond nog die wrang smaak

Kan ek met ‘n glimlag van die Titanic afklim voor dit sink

Heer, dankie dat U vir my sorg terwyl die lewe om my aan gaan

Dankie dat ek kan weet ek’s nooit alleen op die pad waar ek staan

Daar is altyd nog iemand wat verby kom en gesels of hulp verleen

Daar is altyd iemand spesiaal op wie ek kan steun

Heer, leer my om te stop en ‘n hand te verleen as ‘n uitreiking van U eie Hand

Leer my om U te vertrou en terug te dink aan die voetspore in die sand

Heer, in my is daar ‘n vuur wat brand om U Wil te doen op aarde

Leer my om te lewe volgens daardie standaarde

Neem my gedagtes en vul dit met U liefde en lewenslus

Staal my sodat geen oponthoud die vuur in my kan blus

Heer, ek bid vir hierdie krag in die Naam van Jesus Christus

Amanda Boucher

Diepe dankbaarheid

Diepe dankbaarheid

Heer, dankie vir al die gawes wat ons elke dag ontvang

Dankie dat U ons beskerm al voel ons bang

Heer, dankie dat ons al U wonderwerke mag sien

Dankie dat U ons die keuse gee of ons U wil dien

Ons hoef nie in vrees te lewe

Want U is die eindpunt waarna ons strewe

Heer, neem ons dankgebed aan in hierdie kort gedig

U is die rede waarom ons kan stap oor hierdie brug

Heer, U gee ons soveel geleenthede om U aan te neem

Help ons terug waar ons van U begin vervreem

U ken al die opstruksies waarteen ons daagliks vaskyk

U ken al die tekens wanneer ons begin afwyk

Maar my hart jeubel en juig op hierdie dag

Weereens maak U ons oë oop en wys ons U Krag

Nog ‘n geleentheid word geskep waarin ons kan terug keer

Want in U liefde vergeef U ons keer op keer

Dankbaar dink ons terug aan Christus op die kruis

Hy het vir ons die enigste Weg kom wys

Amanda Boucher

beperkings

Hier is my eerste gedig vir jou. Hoop jy sal dit geniet en iets daarin vind om jou krag te gee vir die dag of vir jou ‘n antwoord gee vir iemand anders.

Beperkings

Ek het jou geskape met beperkings

Sodat elkeen ‘n spesiale plek kan hê

Ek het jou geskape met sekere talente en gawes

Sodat elkeen van julle ‘n maat kan kry

Glo in My, want ek is die Weg en die Waarheid

Soms wanneer jy voel jy het misluk soek na My

Word stil in jou hart en berus in jou omstandighede

Sodra jy kalm geword het, sal jy My Hand sien

Uitgestrek na om jou op te tel

Dalk in die vorm van ‘n vriend of van ‘n geliefde

Soms gebruik ek iemand van buite om jou oë oop te maak

Word stil in My teenwoordigheid en voel die koel brie swat oor jou spoel

Word stil in die wêreld gevul met lee beloftes

Word stil in die ‘n gejaagde tyd na wind

Wees ‘n instrument in My Hand want Ek het jou geskape met ‘n doel

Gaan op jou knieë en luister na My opdrag

Want Ek jou geskape om My liefde uit te dra

Ek het jou geskape as ‘n mens van liefde

Gee liefde en jy sal baie terug ontvang

Amanda Boucher