Trou Gebed

Op hierdie pragtige dag my Heer,

vra ons U om ons te leer.

Laat ons verlede se mooi ons omvou.

Laat ons net die goeie dae onthou.

Heer saam met U sal ons die regte pad kan loop.

Deur ons geloof in U,

en ons liefde en hoop,

sal geen slegte woord, gespreek,

ons van mekaar of van U kan los breek.

Heer, ons bid U genade en samesyn,

deur ons vreugde en pyn.

Deur hierdie bindende woorde,

gesing deur Engelekore,

sal ons U loof en prys Heer,

want U het ons saam gevoeg.

In liefde begin ons saam,

‘n Lewewnspad in U naam.

Opgedra aan Marko en Dienie. 

Baie liefde en voorspoed van Neels en Manda.

Gryp die geloof aan

​Ek het My Seun vir jou gestuur,

‘n Kans vir jou om nader aan My te kom.

Ek het tot jou vlak gekom,

sodat Ek sien hoe jy die lewe sien.

Ek wou voel hoe jy voel.

Saam met jou kon Ek jou beter laat verstaan.

Kyk om jou rond,

Ek maak steeds die siekes gesond.

Ek praat steeds met jou sodat jy My kan verstaan.

Ek is steeds die God van Abraham.

Staan net ‘n oomblik stil.

Neem net ‘n halfuur van jou tyd om met My te praat.

Al dink jy Ek luister nie meer na jou smeeking.

Al dink jy jy staan alleen.

Ek is besig om jou pad weer oop te kap 

Luister na My woorde van hoop.

Voel weer My aanraking in jou liggaam.

Want kyk, Ek is die Weg en die Waarheid.

Valse profete sal teen My preek.

Maar jy ken My.

Staan vas in jou geloof.

Saam met die sonstrale

So saam met die son se strale, stuur Ek My genade. Ek bring vir jou lig om te kan sien. Ek gee vir jou ‘n rede om weer te glimlag. As jy luister na die voëlgesang, sal jy hoor daar is ook ‘n lied vir jou. Ek weet in die skemer mag dit lyk of jy verdwaal. Ek verstaan jy twyfel soms, en Ek moet jou vermaan. Maar weet jy is baie spesiaal. Stap op die spore wat Ek jou gee, sing die loflied wat Ek jou stuur, dans die passies wat Ek jou leer, dan, My geliefde kind, is jou werklikheid nie so seer. Kom na My toe en bring al jou vrae. Kom na My toe en rus vir ‘n oomblik. Weet dat Ek jou God is. Vertrou op My want Ek is reeds by more.

Leer my

Heer, ek bid U om my hand te styf vas te hou. Leer my om staande te bly teen die magte van buite. Gee my die nodige krag om my ken hoog te hou. Heer, leer my om weer sag te word. U ken my tree, U weet die rigting van my weë. Heer, soms voel my kragte net te min, en die lewe het nie meer sin. Seën my pogings om nader aan U te kom. Heer, rig my voetval sodat ek ander na U kan lei. Heer, raak my siel aan en maak my rustig. Gee my weer ‘n rede om U tot lof te sing. Heer, sonder U aanraking kan ek nie eens asemhaal. Dankie vir U genade. Dankie Heer, dat U my, ‘n eenvoudige mens, gebruik in my alle daagse lewe. Gee my die nodige vertroue in myself om te wees wie U my gemaak het. Leer my om op te staan en U doel te verrig. Amen.

Verlangend na jou

My hande, soekend na jou lyf, vryf oor my eie skouers. Die blare speel-speel hulle pad oop tot by my kaal voete. Ek dink weer aan jou vandag. Ek wonder of jou oë, ook niks siende, oor die landskap dwaal. Verlangend rus my rug teen die boomstam. My gedagtes, nie hier waar die sonstrale my nie eens kan verwarm. Ek wonder of jy ook terug dink, hunkerend na dit wat so special was. Voel jy nog my hand op jou wang? Hoor jy nog my woorde in die stille nag hang? My siel dwaal in die toegroei paadjies. My voetval, stadig en stram, my hare ongekam. Ek probeer die trane met ‘n bakhand keer, maar my gedagtes draai om jou… Weer en weer In die laatnag kom speel jou wese voor my deur, en laat my steier, al probeer ek voerentoe beur. My woorde tol al om jou. My gedagtes, waaraan ek klou. Dalk sal more ‘n beter dag wees.

Ek omvou jou

Met My arms om jou gevou, waak Ek deur hierdie nag by jou. Bewus van jou trane, want Ek vang dit op vir My waterval. Jou trane spoel oor jou siel se rotswande; vorm mooi rotsformasies teen die hange. Ek omvou jou met My genade, in hierdie skemer uur van jou. Ek voel jou liggaam liggies bewe, en stuur ‘n lied waarop jy kan dans. Kyk om jou rond en weet, al sien jy net mis, Ek is hier naby jou. Altyd gereed om jou te vang, met ‘n leerskare Engele, om jou te dra. Luister na die treur lied op die aanwind. Teen skemeraand lyk alles bedrieglik, en selfs ‘n helpende hand lyk na ‘n bedreiging. Kom lê hier teen My bors. Kom drink iets teen die dors. Weet dat Ek jou nooit sal verlaat, jy, My geliefde kind, lê My na aan die hart. Wees stil, want Ek is hier. Ek ken die benoudheid van jou donker uur.

My hart se punt

Die sonstrale verwarm my liggaam, en ek droom; oor jou. Jou glimlag laat my bene wankel, want ek wil in jou arms lê. Ek wil my kop op jou skouer laat rus, daar waar ek veilig voel. Jy ken elke kreukel in my lyf, jy verstaan my emosie, my gebare taal. Niemand anders ken my soos jy my ken, geen mens het my lief soos jy my lief het. Jy is my hart se punt, en niemand meer sal daar kan in pas. In spore loop langs mekaar. Soms dra jy my, soms dra ek jou. Ons lag weerklink die laatnag in. Ons trane val in dieselfde beker. Ons hou mekaar se danspassies dop. Beland saam in die sop. My sielsgenoot. My maat. My vertroueling. Jy, my lekker ding. Jy is my hart se punt. Ek het nog so baie om van jou leer. Dankie Heer, vir so ‘n wonderlike man om te eer. Ek het jou lief bo die lewe self. Sonder jou sal ek verwelk.

Dis okay

Ek sit hier en wag vir jou, elke dag, om jou net weer te sien. Maar jy daag nie op nie, maar dis okay. Ek verstaan. Jy hardloop rond opsoek na oplossings, Ek gee jou raad deur ‘n onbekende se boodskap, maar jy het nie tyd om te luister nie. Maar dis okay, Ek verstaan. Soms is jy te moeg om dankie te sê, al het Ek jou nog ‘n kans gegee. Soms is jy so ondankbaar vir die mooi plekke waarheen Ek jou lei. Maar dis okay, Ek verstaan. Ek sien die traanstreep oor jou wang, en Ek wil jou styf teen My vasdruk. Ek gee jou mense om jou oë oop te maak. Ek plaas jou in omstandighede om jou te leer. Ek bring jou soms tot stilstand sodat jy kan rustig raak. Ek wag vir jou My kind. Maar dis okay, Ek verstaan.

In die maanlig

Die silwer streep maak jou glimlag net-net sigbaar, ek wil met my vinger jou lyne sagkens namaak. Ek luister na jou stem en hoor die rustige kabbel van ‘n stroom. Wanneer jy jou arms oplig sien ek myself daarin wegraak. Die sterre verdof wanneer ek in jou oë kyk. So, hier naby jou, sien ek die duining van jou liggaam in die maanlig. My vinger trek saggies oor jou warm lyne. Dalk sal die aanraking jou tot nuwe hoogte punte bring. So, hier naby jou, sien ek die rippel-effek wat oor jou lyf na myne strek. Ek word bewus van jou bewondering. Hier in die silver maanlig verander alles in goud. Die uitkyk na die verte word beperk tot die binnekant van jou siel. Hier, in die silver maanlig, kan ek nie veel sien nie. Maar my hande voel die opwinding deur jou trek. My lippe voel die blydskap wat op joune rus. Hier in die maanlig behoort jy net aan my.

Ek wonder maar net

Ek hou jou maar op ‘n afstand, ek wonder maar net: is jy net nog ‘n skim wat deur my bos kom stap, of is jy die een wat die rekord gaan hou. Jou oë hou myne vas, en my voetval is net agter joune. Maar as jy om omdraai en na my kyk, voel ek skielik onseker-bang. Wat as jy my net ook gebruik? Hoe sal ek kan staande bly, as jy ook, soos die res, net weer wegstap. Ek sal my mure hoër moet bou, niemand sal my weer kan sien. My grasperk sal ek met stene vervang. My hand bewe in joune. My stem kan ek nie vertrou. In my oë sal jy wel die opwinding lees. Moet seblief net geen beloftes maak. Wees ook sag wanneer jy aan my raak.