Goeiemôre… 8 Junie ’17

Via Ria Thorpe.

??Goeie More My Jesus maatjies. ?? Pred 2:24,26. Dit is nie aan die mens self te danke dat hy kan eet en drink en onder al sy arbeid die goeie kan geniet nie. Ek het ingesien dat dit ‘n gawe uit die hand van God is. Vir die mens met wie se lewe God tevrede is, gee Hy wysheid, kennis en blydskap. ?? ‘n Predikant besoek ‘n jongman, wat besig is om stadig verlam te raak. Die jongman het by sy suster en 4jaar oue blinde seuntjie gebly. Toe die predikant vertrek, tel hy die seuntjie op, en se dat hy ook vir hom sal bid. Ewe kontant antwoord die kind: “nou maar hoekom oom, ek kan mos loop.”. Soos die seuntjie kan jy nog steeds dankbaar wees al verloop alles nie goed nie. Mens hoef nie gelukkig te wees net in goeie tye nie, as ons so kyk na die wereld om ons, behoort ons dankbaar te wees vir wat ons het. Die Lewe is ‘n geskenk gegee deur God, ons moet nie net bestaan nie, ons moet lewe. Lewe vir God en Sy liefde deel dit aan ‘n seer stukkende wereld. ????  Liewe Heer, vanoggend wil ek my skoene uitskop en kaalvoet oor die nat gras loop. Ek wil saam iemand hardloop en bly wees, saam iemand huil, en dan saam kan bid. Maak nie saak hoe lank ek lewe nie Heer, maar dit is hoe ek lewe! Dankie Heer dat U my oe laat oopgaan het vanoggend, en ek wil lofprysinge sing tot eer van U naam. Amen. ??Geniet hierdie mooi dag, dit is geskenk van God, die Here seen u.???

Laaste gedagte vir 7 Junie ’17

??Laaste gedagte vir die dag. ?? Job 14:14. NV … Dan sou ek al die dae van my lewe wag tot daar vir my nuwe lewe kom. ??voordat jy terugstaan en dinge in mismoedigheid laat vaar, moet jy dink aan die lang en moeilike  proses waardeur ‘n skoenlapper uit sy kokon kom. As jy probeer om God se oogmerke en proses in jou lewe te verhaas, sal jy iets mismaak voortbring, iets wat nie van die grond af kan kom en vlieg nie. Jy dink meskien: ek kan nie wag dat dit verby moet wees nie. ‘n Mens kan dit nie verstaan. Job kon ook nie. Hy het gedink dat Hy sou moet wag tot nuwe lewe moet kom. Maar deur God se genade het hy oorleef en uiteindelik het hy 2 keer soveel gehad as wat hy verloor het. Byt dus vas, jou kans kom! God sal nie moed met jou verloor nie, dus moet jy nie moed met hom verloor nie! Net soos Sadrag, Mesag en Abednego geweier het om ‘n afgod te dien, so moet ons ook nie oorgee aan die verkeerde, die manipulasie of onheilige oorreding nie. Moenie wedywer met die bure, of oor te gee aan selfsugtige ambisie en selfbevordering nie. Moenie swig voor die gees van angstigheid en ongeduld nie. Loop voort met geloof met die wete dat God in beheer is. So dus ons moet wag, God weet presies hoe die stukke inmekaar pas. ???? Vader, ons kniel in ootmoed voor U, en vra vergifnis vir ons ongeduld. Leer ons om op U te wag vir antwoorde, U tyd is perfek. Dankie Vader dat U geduldig is met ons, en ook U genade ip ons uitstort. Dankie Vader vir nuwe oor begin elke dag. Dankie vir U nimmereindigende liefde. Amen. ?? Nag my Jesus maatjies, Mag jul ‘n wonderlike nagrus geniet. Die Vader seen u. ??

Die Offer

Met ‘n glimlag kyk Ek oor jou,
in die wete jy is gered.
My kruisdood is vir jou.
Nou mag jy in gebed tot die Vader nader.
Jy is nie meer beperk tot ‘n sekere dag of tyd.
Jy hoef nie meer deur iemand anders met Hom te praat.
Geen mens of instansie het ‘n houvas op jou.
Jou redding is slegs deur My kruiseging.
In liefde het Ek Myself oorgegee vir jou.
Ek kon Myself red van hierdie Kruis.
Kon almal uitwis met een bevel.
Maar Ek het nie.
Van hierdie beker moes Ek drink.
My bloed het vir jou gevloei.
My liggaam is vir jou geoffer.
Gaan in vrede en verkondig hierdie blye boodskap.
Kennis is mag.

Verbode liefde 

Ek sien die maanlig wat jou lippe liefkoos, 

en ek wens dit was my lippe op joune.

Jy sit so eenkant, jou rug gesteun teen die stam.

In helder maanlig volg ek die skoonheid van jou lyf.

Ek trek jou beeld af in die skoon blaaie van my siel.

Ek wens ek kon nader kom om in jou oë te kyk.

Sou dit die water se weerkaatsing in jou oë wees,

of is dit trane van hartseer wat teen jou wang afloop?

Dit sou maar ‘n paar tree wees om tot by jou te kom.

So graag wil ek die een wees om my arms om jou te vou.

Hier in die maanlig lyk jy soos ‘n godin.

En ek is maar net ‘n gewone man.

Vir ‘n oomblik dwaal jou oë in my rigting.

Maar dis net van kort te duur.

Vanuit die hoek van my oog sien ek hom nader kom.

Al is hy die rede vir jou trane,

Al hou hy jou nou vas,

met dieselfde hande wat jou netnou so hardhandig geruk en pluk het.

Is ek aan jou onsigbaar.

Want die houvas wat hy op jou het,

dra jy saam in die vorm van sy kind.

Wie is ek om jou uit sy hand te kom red,

jy met die hartseer glimlag onder jou pet.

Wie is ek om hom te oordeel,

as jy net die goeie in hom wil sien.

Jy, die girl in die maanlig,

wat nou in my siel geweef is.

Kom na My toe. 

Met My arms om jou gevou,

wag Ek geduldig op jou.

Elke traan in ‘n vles opgevang.

Elke gebed in ‘n gedig verwoord.

Oral oor die wêreld is iemand besig,

party bid vir jou.

Ander wonder of jy nog okay is.

Sommiges het selfs al begin om jou nommer te bel.

Het jy regtig gedink dat Ek jou kan vergeet?

Weet jy dan nie hoe vêr terug gaan jou glimlag ?

Verstaan jy nie hoeveel mense se lewens het Ek gespaar,

hulle styf teen My gedruk omdat Ek jou nog moes verwek?

Lank reeds is op jou koms gewag,

geliefde kind van My,

wees tog nie so klein gelowig.

Wees tog nie so moed verloor.

Staan vas in jou geloof.

Weereens ken Ek die rede vir jou traan.

Weereens sal Ek by jou staan.

Kom rus hier by My voete.

Kom luister na My hartklop.

Jy is My liefling kind.

Jou gebed is reeds beantwoord.

Onvergeetlik.

Ek wonder of jy kan onthou?

Daardie besondere dag;

met jou glimlag wat die donkerte laat verdwyn.

So tussen die varingblare deur,

met my kaal voete op die blaar belaaide vloer.

Ek onthou die koelheid van jou sagte woorde.

Jou groot growwe hand wat my gesig omvou,

Die voëlgesang het opgehou die oomblik toe jy praat.

Jou woorde so na aan my oor.

Jou fluistering wat so diep in my siel kom lê.

Van daardie dag af was jy al wat ek wou hê.

Jou gelyke het ek nog nooit weer gevind.

En niemand anders kon ek nog so bemin.

Elke varingblaar laat my glimlag.

En wanneer die voëlgesang skielik ophou,

soek my hele wese na jou.

Sal jy my weer eendag kom opsoek ?

Sal jy onthou van ons name in die boombas?

Jy, met die okkerneut bruin oë.

Jy, met die glimlag wat my siel so raak.

Die liefde wat jou aanraking uitstraal.

Nooit sal ek jou ooit kan vergeet.

Die monster.

Met my rug op jou gedraai,

skyn die son weer oor my moeë siel.

Ek het nie meer nodig om by jou te wees.

My liggaam ruk nie meer, want jy raak nie aan my.

My ore is nie meer blootgestel  aan jou geskel.

Ek kan selfs al amper weer glimlag,

maar die pyn lê nog te diep.

Dit was so anders toe ons ontmoet het.

Jou woorde was altyd so opbouend.

Jou aanraking so sag.

Maar ‘n monster het van jou besit geneem.

Stadig het dit jou opgevreet.

Voor my oë moes ek elke dag sien

hoe jy bietjie vir bietjie wegraak.

Ek het probeer om jou terug te kry.

Ek het jou gesmeek om harder te beklei.

Maar die monster het jou oorgeneem.

Jou van almal wat jou liefhet vervreem.

Vir nou moet ek eers weer myself vind.

Net weer besef dat dit nie my skuld is.

Jou keuses raak almal om jou.

En net een verkeerde besluit het jou weggevoer.

‘n Land waar niks meer saak maak behalwe

om ‘n monster te voer wat jou verslind.

Al is ek nie meer by jou,

sal my gebede jou volg.

Sal my gebede jou siel beskerm.

Want by God is niks onmoontlik.

Maar vir nou moet ek na myself omsien.

Weer mens word en asem haal.

Die man op die bankie

Daar op die bankie sien ek jou geboeë figuur,

jy lyk so verlore en verwese.

Ek wil jou teen my vasdruk.

Vir jou sê alles sal regkom.

Jou omstandighede is aan my onbekend.

Jou naam ken ek nie eens nie.

Maar vandag het jy my siel aangeraak.

Jy wou net ‘n nommer aa my gee,

maar ek het jou ‘n geldjie gegee.

Met die woorde, jy sal gehelp word vandag.

Nou kla my gewete my aan.

En ek wonder of iemand anders jou gehelp het.

Iets in jou voorkoms het my nader getrek.

Maar ek sal nooit weet of jy wel hulp gekry het nie.

Ek wonder wat jy al alles moes deurmaak.

Ek wonder hoe jy smag na ‘n sagte bed.

Heer, U ken die man op die bankie.

U ken sy pyn en verlange.

Ek weet U sal hom ook vanaand vashou.

U genade sal hom huistoe bring.

Hoe kan ek jou vergeet na vandag.

Jy, die man sonder ‘n naam,

wat vandag my hart aangegryp het.

Jy was so seker dat iemand jou vandag daar sal kry.

Mag jy jou rusplek vind.

Wees nie bevrees nie

Terwyl jy rondskarrel opsoek na die regte oomblik om met My te praat,
het Ek reeds gesien hoe die trane op jou wang blink.
Al dink jy dat jy nie My liefde verdien nie,
hou Ek jou steeds elke nag vas.
Al is jy verblind deur die seer wat jou oë al moes sien,
wil Ek jou lei na waar jy rustig kan wees.
Al voel jou siel oorlaai van opgekropte woede,
laat Ek jou stilte wees.
Gee toe aan My liefde vir jou.
Word stil sodat Ek jou kan heel.
Raak rustig en luister na My stem.
Vertrou op die planne wat Ek vir jou het.
Let op na die tekens wat Ek vir jou sal gee.
Kyk na die mense wat jou nodig het.
Wees nie bevrees My geliefde kind.
Ek hoor jou snikke deur die middernag.
Weet dat jy Myne is.
En Ek sal na jou omsien.

Altyd op tyd. 

​My ingryping mag soms lyk of dit te laat is

en vir jou mag My tydsberekening dalk verkeerd voel.

Maar Ek weet wat Ek vir jou beplan.

En wanneer jou stil trane woordeloos op die grond val,

is daar reeds ‘n saadjie wat wag om te groei.

Nie alles wat sleg is, is bedoel om jou te straf.

Elke gebeurtenis word gebore uit iemand anders se besluit.

Mense sal kom in jou lewe en weer gaan.

Daar sal mense wees wat jou optel wanneer jy val.

En ander sal nuwe lewe vind uit jou aanraking 

Jy sal nie altyd weet waarom sekere mense in jou spasie kom,

daarom moet jy altyd probeer om getrou te bly aan jouself.

Vertrou My keuse want dalk het hulle jou meer nodig.

Luister na My fluisterstem in jou binneste.

Kyk uit vir die tekens wat Ek jou gee.

Wees lief vir die mense wat Ek jou gee.

Bid altyd vir jou geliefdes want Ek hoor hul smeekgebed.

Slaap rustig My geliefde kind.

Weet dat Ek jou lief het.

Jy sal altyd spesiaal wees vir My.