Manne Ontbyt

Ons as, NLC (New Life in Christ Family Church), hou ‘n manne ontbyt vir die 2de Junie 2012 om 9h00 tot ongeveer 12h00,

Die Idée rond om die ontbyt

Die idée van die ontbyt is om mans en seuns by mekaar tekry om vaderskap in ons hedendaagse families in te kry en te verstaan.
Ons het soveel gebroke families en selfs rebelse kinders omrede daar nie Pa’s in die meeste gesinne is nie, ons groot doel is om die erenstigheid na die Pa’s in die gesinne te bring en te verduidelik wat God van ons as Pa’s en seuns verlang. Die moment wat ons dit kan reg kry dan sal ons Drugs, diefstal, vroue mishandling, kinder mishandling, drank misbruik (ens), die hok kan slaan, met ander woorde God wil Sy Koningkryk restoreer en mans weer as Priesters in hul huise wees, God het nie die Priesterskap vir die vrou gegee nie maar wel vir ons mans. God het nie vir die vrou gesê nou moet sy Pa en Ma wees nie maar ons as een liggaam gemaak om volgens Sy ORDE te werk as Man en vrou (Pa en Ma). Pa se werk is om dissipline in die huis te bewerkstellig en te handhaaf.

Die kostes beloop R120-00 per persoon, met ontbyt ingesluit.
Die venue is te Krugerlaan skool (In skool saal) in Duncanville Houtkop weg reg langs die Olimpiese swembad en skuins oorkant Edelweiss ysskaats baan. Die spreuker is Pastoor Hansie Smit van “Step over the line Ministries”

Wat ek wel kan sê is dat die Here ń finominale ding gaan doen daardie dag, God is besig om Vader loose gesinne en huwelike te genees.

Sou julle belang stel om Kaartjies te bekom dan kan julle vir Pastoor Sevenster by 076 798 0891 of vir my self Vivian Barry by 078 536 6750 skakel

Ons sal dit hoog op prys stel as julle ons kan bystaan in hierdie verband.

Jesus Groete.