Brander

Onverwags tref U liefde my soos ‘n brander.
Soms voel dit of die gebeure van ‘n sekonde ons hele wereld oorspoel. Ons rol gat-oor-kop en voel dronk geslaan.
Ons hele wese tuimel inmekaar.
Dit wat ons ken word teen die rotse vas geslaan en spat in skerwe. Terwyl ons, verblind deur pyn, die stukke probeer optel,
stuur U vir ons ‘n Engel in die vorm van ‘n vreemdeling.
Soms verkies ons om blind te bly, en omdat ons bly omkyk,
versteen ons in die verlede soos Lot se vrou.
Heer, U stuur nie die branders om ons te vernietig,
U omvou ons in U liefde en omgee,
terwyl U die brander in ‘n spesefieke rigting stuur.
Heer, dankie dat ons weer die son op ons nat vel mag voel.
Dankie dat U reeds ‘n Lewensredder byderhand het.
Dankie dat U reeds ‘n uitweg vir ons gereed het.
Heer, help ons om die uitweg te sien.
Weerhou ons van bitterheid, want U is die God van liefde.
Amanda Boucher

Posted in Gedigte.

Leave a Reply