Bosveld stil

Niks is so stil soos ‘n bosveld stilte: jou gedagtes beweeg oor die rustige natuur. jy word bewus van die voëls se lofgesang; Dankie Heer, dat ons nog ‘n pragtige dag ontvang het. Dankie dat ons nog ‘n geseënde dag uit U liefdevolle hand ontvang. ‘n Bokkie spring-draf saam met sy ma. Te dankbaar dat hy nog ‘n dag ontvang het om ‘n bokkie te wees. Die stilte kom lê diep in my siel. Dit plant saadjies van nederigheid, want God is soveel grooter as ons. Dit plant saadjies van danbaarheid, min mense kry die voorreg om regtig stil te wees. Dit plant saadjies van verwondering, want my oë is verstom oor al die mooi wat ek sien. Die saadjies van skaamkry word ook tussenin gesaai, want hierdie plante en diere is van alleen afhanklik, en tog blom en jeubel hul oor U wondergawe. Vir ‘n oomblik rus my oë weer oor hierdie wye vlaktes. Heer, laat my hierdie stilte saam neem, want binnekort is ons terug in die steenoerwoud.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply