Boer soek ‘n vrou

Hier op my plaas, omring met die dorre aarde.
My manshart het soos die veld geword.
Hier beleef jy baie lief en leed.
Hier leer jy van die lewe.
Om my is heeldag net leer van oorleef.
Harde aarde en jy leer van God se genade.
Nie alle vroue kan hier aanpas. Weg van die stad se woel en samesyn nie. En hier kom jy.
Soos die oggendson se eerste strale het jy my hart kom warm maak. Soos die wind oor die aarde waai om die wolke nader te bring. So het jy ‘n lafenis oor my hart kom waai.
Die voëlgesang klink nou soos jou stem.
Die aande is nie meer alleen nie.
Jou beeld verwang die gedroogte aarde.
Jou glimlag kom lê op my moeë gesig.
Vir jou wil ek die groen lande wys.
Vir my is jy die oase waar ek kan rus.
Nou is my drome nie meer leë luskastele.
Dis nou ‘n plaashuis met ‘n warm siel en kloppende hart.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply