Blomme verkoper

Vir ‘n oomblik kruis twee paaie om net weer uit mekaar te spat. Al was dit koud of sonskyn, al was jou blomme nat van die reën, jou glimlag het ons altyd begroet. Jou kenmerkende fluit is nou stil. Niks het ek van jou geweet, wat jou gedgtegang was terwyl jy wag dat iemand ‘n bossie blomme koop. Die blommekrans in jou hand, nou die enigste bewys van lewe op jou graf. Mense gaan hul gang, leer nooit uit die skerwes wat die pad laat blink. Die blink in hul oë het nou die glans van joune verdof. Wanneer sal die mensdom leer ? Hoeveel stopstrate sal hulle, steeds beneuweld, kruis voor hul lewe onherroeplik verander. Hoeveel glase sal hulle nog lig “op lewe”, om net ‘n ander se lewe te steel. Jou hand sal nooit weer vriendelik waai, al koop ons nie ‘n blom. Jou vrolike fluit sal nooit weer ons aandag trek. Mag jy vrede vind waar jy nou tussen die kosmosse lê. Want vriendelikheid kos mos niks.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply