Bemoediging

  • Glimlag-oomblikke My gedagtes ritsel oor jou glimlag-oomblikke in my lewe, jy’s my alles wat my asem gee. Elke tree wat jy voor my uit loop laat my jubel en vrolik sing. Ek weet ek sê dit te min, en soms antwoord ek somder om regtig te luister, maar my gebede is altyd daar om jou te versterk. My drome bou ek om jou ...
  • Luister Wanneer die reënboog se helder kleure verdof, en druppels in die grondpad ontplof. Wanneer die las van die dag te swaar word, en die leemtes in jou siel te groot word. Wanneer almal se gebabbel jou doof maak, en jy voel of jy wil versmoor aan jou eie hartseer. Wanneer die donkerte om jou, jou blind maak, en wanneer jy net bewus ...
  • Stel nie meer langer uit Deur die muur wat jy om jou bou deur harde woorde, die vore wat jy elke dag grou om veilig op jou eiland te voel, al sit jy elke aand in die donkerte om My lig buite hou, steeds gee Ek nie op nie. Elke dag stuur Ek My engele in verskeie gedaantes na jou. Elke uur van die dag ...
  • Gebed van een wat sug en steun Soms, Heer, loop ek weg van U liefdesarms, soms vergeet ek, hoe belangrik U omhelsing regtig is. Vergewe my dat ek soms vergeet om my seëninge tel. Dankie Heer, vir die voorreg om ‘n vrou te wees. Dankie vir die besondere mense wat my pad daagliks kruis. Heer, hou my stem sag en my liefde opreg. Leer my weereens om te ...
  • Seisoene in jou lewe – Herfs Die oranje van die blare is soms amper ‘n dieprooi. Met my gedagtes na binne gekeer, tyd om te besin oor waar ek is. Waarom sien ek net die dorre blare raak? Waarom voel ek net die skerp snykant van die wind? Is ek werklik besig met dit waarvoor ek geskape is? Die Here plaas mense op jou pad, nooit is ...
  • Musiek,  My lyf voel die pols van die musiek deur my are. Sonder om te dink beweeg ek in opdrag van iets binne my. Woorde vorm in my gedagtes en kry gestalte in my bewegings. In my siel voel ek die aanraking van die lied, met sagte hande wat my ken oplig. Soos sy musieknote teen my middellyf afsak, kan ek nie ...
  • Is jy gereed? Weereens stuur Ek vir jou ‘n uitgestrekte hand vandag. Skrik wakker en kyk om jou rond. Let op na die tekens wat Ek vir jou stuur. Vul nie jou tyd met dinge wat My nie aangaan, leef so dat mense My boodskap van goeie hoop sal sien in jou dade. Vertel vir ander van My genade wat ek aan jou ...
  • Laaste gedagte vir die dag 9 Junie ’17 Via Ria Thorpe ??Laaste gedagte vir die dag. ??Matt. 5: 23,24. As jy dus jou gawe na die altaar toe bring en dit jou byval dat jou broer iets teen jou het, laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe.?? Kind ...
  • Die Boodskap My woorde word vasgepen deur mense wat Ek self uitkies. Soms stuur Ek ‘n boodskap met ‘n posduif, en soms fluister Ek dit op die wind. Somige woorde lê maar so in die lug en wag vir ‘n stukkie papier. Maar altyd sal My boodskap jou bereik. In die wêreld waar soveel seer en trane is, kan die mensekind so maklik ...
  • Laaste gedagte vir die dag 8 Junie ’17 Via Ria Thorpe  ??Laaste gedagte van die dag. ??Heb. 11:1,3. Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van dinge wat ons nie sien nie … Omdat ons glo, weet ons … die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie.?? Hoe ...