Blaaie van onthou

Heer, ek blaai vanaand weer so deur my gedagtes.
Dit help my om weer dankbaar te wees.
Daar was ‘n dag, so lank gelede nou, my hande in my hare.
My toekoms het so onseker gelyk.
Maar soos gewoonlik het U my hand gevat.
U het my gedagtes gelei en ek het gehoorsaam.
Heer, op ‘n manier is ek in soortgelyke omstandighede.
Neem my gedagtes terug na al U wonderdade in my lewe.
Heer, raak my aan vanaand en stil my bekommernisse.
Gee my die nodige vertroue in U besluite.
Heer, laat my steeds glimlag na buite.
U stuur altyd boodskappe op verstaanbare wyses.
U spreek ons toe in die manier wat vir ons aanvaarbaar is.
Soms Heer, stuur U mense om ons oë oop te maak.
Wanneer ek so terug kyk en wonder waarom daar optraandes in my lewe is,
Dan besef ek baie mense kyk af na my want hulle kry swaarder. Soms wanneer ek wonder waarom daar ‘n traan op my wang is, Dan sien ek hoe nat ‘n ander persoon se hemp is omdat hy huil. Soms in die skemer van my lewe,
stuur U iemand wat my as hul son kan gebruik.
Laat my altyd glimlag na buite Heer,
Iemand het dit nodig om vanaand te oorleef.
Iemand het dit nodig om weer hul rigting te vind.
Heer, ek blaai weer vanaand deur my lewe en ek glimlag.
U genade is meer as wat ek verdien.
U aanraking maak my stil en rustig.
Heer, al lof en eer kom U toe.

Posted in Gedigte.

One Comment

  1. O, ek kan so saam met die skrywer van hierdie gedig assosieer met bekommernis, maar God se reddende Hand keer op keer. Ons vertrooster! Mooi geskryf.

Leave a Reply