Binnekamer

In die stilte van my binnekamer hoor ek weer U stem.
Ek probeer vergeet van die snykant van die lem.
Mense wat op my pad is en saam my loop.
Ek sien hoe verdof hul nat oe as gevolg van die wanhoop.
Ek onthou sommige van hulle se woorde, so diep uit hul hart en siel. Maar dis woorde nie regtig vir my bedoel.
Ek probeer so hard om net ‘n goeie mens te wees.
Maar soms kan mense mekaar se sinne verkeerd lees.
Heer, dankie dat ons net onself mag wees.
Dankie dat U ons elkeen geskep het na U wil.
Sluit ons af, laat ons kan hoor, Heer, maak ons stil.
By U is ons net wie ons moet wees.
U praat met ons diep in ons eie gees.
Die klank van U stem is soms hard as ons nie wil luister.
Maar tussen die seer en warboel, is dit ook net fluister.
Heer, dankie vir die een plekkie, diep in ons weg gesteek.
Heer, U is wonderlik, U is groot en almagtig.
Dankie dat U oor ons waak.
Heer, bring vir ander ook hul sleutel om hul binnekamer oop te sluit. Heer, U gee ons die kans om self te besluit.
Gee aan hulle ook daardie gevoel van algehele vryheid.

Amanda Boucher

Posted in Gedigte.

Leave a Reply