Binne my

Ek kyk terug in my binneste vanaand: ek hoor U fluisterstem met my praat; elke dag sien Ek om na jou. Voor jy vra weet Ek reeds wat jy benodig.
Styf in My arms hou Ek jou vas.
In die nag stuur Ek ‘n melkweg om jou pad te verlig
Ek versag die son wanneer jy in die woestyn van jou lewe is, Ek bring vir jou ‘n oase wanneer jy moeg gestap is,
in die vroeë oggend uur bring Ek die sonskyn in ‘n prag van helder kleur om jou dag vrolikheid te gee so glimlag vir die res van die wêreld en weet dat jy baie spesiaal is Uit vele het Ek jou uitgesoek om My liefde te verkondig.
Gaan dus in vrede en wees rustig vanaand.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply