Biddend

Biddend, op my knieë, nader ek U,
in my stille oomblik dink ek aan my geliefdes
elkeen staan vanmore voor U
Hul traan en lag is aan U bekend
hul vrees en droom het U lankal reeds aangehoor
Heer, ek bid hul U beskerming en seën toe
Jesus, wat ‘n voorreg om deur U tot die Vader te mag spreek
wat ‘n voorreg om, enige tyd, vir ander te bid
Heer, my siel staan dankbaar voor U:
die toekoms is minder donker en onseker met U in ons lewe
‘n opwinding vloei deur my opstandige gees vanmore
Soms is ons so moeg vir ons eie omstandighede
totdat ons ‘n ander persoon leer ken
Heer, ek bid vir die wêreld want te veel mense het U uit hul lewe verban te veel mense gooi hulself in die ewige vuur
Heer, seën elkeen wat hierdie gedig lees
Seën hul geliefdes
Heer, raak vanmore elke hartseer aan
verdryf die eensaamheid
heel die gebroke harte
maak die siekes gesond
Heer, U wonderwerke is steeds elke dag sigbaar
Verhoor vanmore elke gebed wat in wanhoop gefluister word
Amen

Posted in Gedigte.

Leave a Reply