Bewend

Stadig vloei die ink uit my pen, Wie het eintlik nou gewen ? Al sit ek hier teen die boom se stam, my arms voel lam. Ek wonder waar het dit alles verander? Wie het die reëls so verbuig? Ek probeer weer die mooi onthou, hoe ons vriendskap in liefde ontvou. Maar dis te seer, want ek verstaan nie. Ek voel die warm traan wat teen my wang afloop, dit skep ‘n leemte vir wanhoop. My hande bewe al skroei die son my vel, ek sit hier en dit voel soos die hel. Die ritsellende blare bewe soos my wese. Die wolklose middag lig versmoor my, die kreet stol in my geslote mond. Ek wil jou vertel hoe gelukkig ek is saam met jou, ek wil weer die lag in jou oë sien. Maar die reëls het verander. En jy is van my weg gebrander In ‘n maalkolk van leuens In een oogknip is jy van my gesteel Om my is dit nou net stilte. Die gedruis van haar menswees het stilte tussen ons gebring Haar groener gras het my in ‘n woestyn agter gelaat. Die reëls het verander sonder my wete. Die warm sonstrale vries my wese. Ek sal hier bly sit totdat jy weer ‘n koelte oor my kom gooi.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply