Bergplaas

Weg van stadslawaai en woel rus jy teen die berg se voet
saam die wortels van die plante om jou staan jy stewig en vas die warmte van jou kaggelvuur nooi my om te droom in die winter In die somer rus ek onder die koelte van die groot ou boom uit jou grond gebore Die mense bewerk met liefde jou vrugbare grond
en uit dankbaarheid gee jy vir hulle weer kos om hul honger te stil Verwonderd luister ek na die stille geraas uit die grassadekoor terwyl die wind saggies sy asem oor hul uitblaas
Vanaand, wanneer die uil sy senode uitbasyn
sal ek, met tevrede glimlag, oor my niksdoen besige dag besin In die veiligheid van jou vier mure kan ek my trane op jou klipvloer laat vloei en iewers sal die stroompie ‘n wortel voed
Jy, ou bergplaas, verstaan my pyn
Deur jou hemelruim voel ek weer die son wat skyn.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply