Beproewings

Beproewings

Heer, laat ons nie ontsteld raak wanneer ons beproef word
Help ons om te onthou dat alles nie altyd maklik gaan
Leer ons geduld wanneer ons planne nie uitwerk
Leer ons uithou vermoeë wanneer pyn en hartseer ons tref
Heer, U leer ons om te bid en op U vertrou
Neem ons in U omarming soos ‘n vader wat sy kind wil leer
Soms voel dit of alles teen jou werk en jy nerens kom
Heer, vul ons gedagtes met U woorde sodat ons weer kalm word Heer, U het alles mooi gemaak, help ons om dit so te sien
Maak ons oë oop wanneer ons leed aan ‘n ander doen sodat ons dit kan stop Heer, laat ons betyds besef wanneer ons dade ‘n ander person benadeel Druk ons teen U bors en maak ons koue liggame weer warm
Gee ons mooi liedere om in ons hart te sing
Gee ons koel bergstrome om ons dors te les
Stuur ‘n koel bergstroom met koeltebome om ons voete in te plaas Heer, stuur ons U Gees om in ons te woon
Laat ons weer dink voor ons iets doen of sê
Dankie dat U na ons gebede luister
Selfs al kan ons net ‘n paar woorde fluister

Posted in Gedigte.

Leave a Reply