Bedreigde spasie

Toe geweef in ‘n koekon van selfbehoud.
Stadig maar seker raak ons almal oud.
En nou wonder ek maar net : is ons die volgende bedreigde spesie ? Vasgepen in ons denke oor hoe ons dit wil hê.
Wonder ons soms in watter woorde om dit te sê.
Onverwags word ‘n geliefde op ‘n wrede manier van ons weg geskeur. Nog ‘n lid van ons spesie vir altyd van die aarbol verwyder. Wat het geword van die Godvresende nasie wat ons was ?
Waar is die barmhartige dade wat by ons gebede pas ?
Heer, eens was ons ‘n volk wat saam en vir ons landsleiers gebid het. Versigtig het ons op mekaar se behoeftes gelet.
Wat het geword van ons vaders wat gaan werk terwyl ons moeders na die kinders en huis omsien.
Heer, is ons deel van ‘n bedreigde spesie wat deur die vyand van U verwyder word ? Het ons as nasie en volk voor die wêreldsmense geswig?
Heer, laat ons weer opstaan uit die as.
Laat ons weer saam bid oor hierdie swaar las.
Heer, laat ons meer mense na U lei.
Sien asb die seer en pyn,
versag die haat, herbou die puin.
Verstil die geweerskote wat oor die lane donder.
Hervul ons gedagtes met geloof bo die wonder.
Heer, red hierdie nasie van uitwissing.
Gee ons weer ‘n wonderlike loflied om te sing.
Heer, U wonderwerke ken geen perke.
Die vyand staan verstom oor U wonderwerke.
Heer, red hierdie nasie van uitwissing.
Luister na die smeekgebede wat ons na U bring.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply