Asem van my siel

Asem van my siel

Buite kom die son op oor die berg se rand
Deur die varingblare, deurdrup van die dou, sien ek jou
‘n vroue gevul met liefde en afwagting
Jou vrolike lag klink helder op saam met die voëlgesang
Jou kaal voete tussen die mosbelaaide bosvloer
Jou sagte lyf gevou om die man wat jou hart laat klop
Met sagte oë, gevul met wonder en liefde, wat in syne lag
Met sagte hande in syne gestrengel, wasem jul liefde die lug in Kleine diertjies kom nuskierig nader om in jul atmosfeer te speel Die reënboog wat om julle vou weerspeël jul kleurvolle lewe saam Die geluk is duidelik in jul gemaklike houding teenoor mekaar Geen omstandighede kon julle nog ooit skaar
Geen probleem het julle kruppel gelaat
Deur God saam gevoeg bly jul in mekaar se omarming
Deur Sy genade glimlag jul steeds opreg vir mekaar
Jy vrou, is die asem van my siel, jy is my binnemens
Sonder jou sou ek ‘n leë dop wees, sonder jou is ek iemand anders Jou gelag in my ore hou my vrolik
Jou gebed na die Here hou my veilig
Jou geloof in my laat die woorde vloei
Jou gesprek met hom laat my onthou om hom te respekteer
Jou uitkyk vanuit die plantasie onthou my waar ek moet wees
Jou aanraking aan my hart laat my onthou dat ek spesiaal is
Jy is die asem wat my siel aan mekaar hou

Posted in Gedigte.

Leave a Reply