As die bome fluister

Die koel windjie waai saggies deur die boomtoppe. Hulle buig liggies na mekaar. Raak sagkens, strelend aan mekaar. Vingers raak verstrengeld, vertroostend aan mekaar. En ek dink aan jou. Die bome fluister jou naam. Hulle onthou ook. Jou vingers deur my hare. Jou lippe op myne. Hulle weet van daardie aand. Die fluistering op jou lippe het hulle verder aan saggies op die wolke neer gesif. Vanaand val daar weer ‘n paar van jou woorde om my neer. Ek val neer op my knieë. My hande soekend, grypend in die lug. My oë maak ek toe. Ek kan nie hier sit en jou nie sien. Jou reuk kleef aan die varingblare. Die bos se hartklop raak stil sodat ek joune kan hoor. Maar al wat ek hoor is die ego van my ontroosbare snikke. My hande om my gesig gevou. Ek kan nie na die skimme van ons saamwees kyk. Ek kan nie hier sit en weer ons woorde oproep nie. Nie eensaanheid van hierdie paradys slaan onophoudelik teen my bors. My keel is hees van die rou emosie. Jou nagedagtenis klop en krap om uit te kom. Maar jy is nie meer met my. Die aasvoëls draai reeds hoog bo my. Hulle weet dis net ‘n kwessie van tyd. My siel is dood sonder jou. My lewe het opgehou. Geen toekoms in leeg. Betekenloos. My gees is dwalend. Soekend na jou. Of net iets soortgelyk aan jou. ‘N stem soos joune. ‘N gunsteling sêding. ‘N grappie waarvan jy gehou het. Jou manier van stap. Jou aanraking. Maar daar is niks. Net ‘n leë ewigheid sonder jou. Maar hierdie plek. Hierdie bome se fluistering. Jy is nog hier. Maar alles is anders want jou aanraking is weg. Die aasvoëls sit op die rotse hier naby my. My siel is dood sonder jou.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply