Altyd soekend

Ek sien wanneer jy so stil raak.
Altyd soekend na iets om jou op te beur.
Altyd soekend na iets wat jou laat voel jy het ‘n rede.
Vandag staan Ek weer voor jou.
Dit is waarna jou siel smag.
My Gees is in jou en wil jou lei.
Hou op om teen My wil te skop.
Hou op beklei teen dit wat Ek jou gee.
Ek ken die rede waarom jy geskape is. Ek ken elke mens wat Ek op jou pad plaas. Vertrou My.
Vra My raad.
Wag vir My antwoord.
Luister na My stem binne jou.
Wees tog nie so bevrees My geliefde kind.
Raak kalm.
Voel My teenwoordigheid.
Ek sal jou mos nooit verlaat.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply