Altyd dankbaar

Dankbaar kyk ek terug na my lewenspad.
Van my eerste asemteug het U my liefde bewys.
Die beste ouers aan my gegee.
‘N ouer broer en suster na wie ek met trots kan opkyk.
Heer, vriende, niggies en neefs, ooms en tannies.
Almal om my te help vorm en maak.
Elkeen bring hul insig en maniere sodat ek kan leer.
Onderwysers wat my meer geleer het as net hul vakgebied.
Maats wat my lewenslank bybly.
‘N Man het U so baie keer in gevare beskerm.
Iemand baie spesiaal wat U gevorm het om by my te pas.
Heer, dankbaar vir broers en susters wat tot my lewe bygevoeg is.
Elkeen met hul eie spesiale plek in my lewe.
Heer, twee wonderlike ouers het U vir my by gevoeg.
Dankbaar Heer, vir elke gawe, elke guns, elke vriend.
Heer, hoe kan ek my dankbaarheid aan U bewys ?
Hoe kan ek U terug gee wat ek in waarde ontvang ?
Geen ander lewe sal my beter pas.
Dankbaar vir U guns aan my bewys.

Posted in Gedigte.

One Comment

Leave a Reply